
ALDA: Week 7
Authored by Hardus Ludick
Education
University
Used 2+ times

AI Actions
Add similar questions
Adjust reading levels
Convert to real-world scenario
Translate activity
More...
Content View
Student View
5 questions
Show all answers
1.
MULTIPLE CHOICE QUESTION
30 sec • 1 pt
Wat is die korrekte teksverwysing?
Volgens Du Plooy & Marling (2018:5) is dit waarskynlik …
Volgens (Du Plooy & Marling, 2018:5) is dit waarskynlik …
Volgens Du Plooy en Marling (2018:5) is dit waarskynlik …
Volgens Du Plooy & Marling is dit waarskynlik …
2.
MULTIPLE CHOICE QUESTION
30 sec • 1 pt
Wat is die korrekte teksverwysing?
Du Plooy & Marling (2009:23) het bevind dat slegs 2% van alle deelnemers bewus was van hul regte.
Du Plooy en Marling het bevind dat slegs 2% van alle deelnemers bewus was van hul regte (2009:23).
(Du Plooy & Marling, 2009:23) het bevind dat slegs 2% van alle deelnemers bewus was van hul regte.
Du Plooy en Marling (2009:23) het bevind dat slegs 2% van alle deelnemers bewus was van hul regte (Du Plooy & Marling, 2009:23).
Du Plooy en Marling (2009:23) het bevind dat slegs 2% van alle deelnemers bewus was van hul regte.
3.
MULTIPLE CHOICE QUESTION
30 sec • 1 pt
Wat sou die korrekte teksverwysing wees vir ’n bron wat soos volg in die bronnelys gemeld word?
Le Roux, J.K. & Prinsloo, P.E. 1994. Oorsig van Suid-Afrika se ekonomie in die 1980’s. In: Mulder, F., red. Die onlangse geskiedenis van Suid-Afrika. Pretoria: Maalkolk Uitgewers. pp. 26-53.
Verskeie ekonomiese omwentelinge het ’n verdere nadelige effek op politiese stabiliteit gehad (Le Roux & Prinsloo, 1994:39).
Verskeie ekonomiese omwentelinge het ’n verdere nadelige effek op politiese stabiliteit gehad (Mulder, 1994:39).
Verskeie ekonomiese omwentelinge het ’n verdere nadelige effek op politiese stabiliteit gehad (Le Roux & Prinsloo, in Mulder, 1994:39)
Verskeie ekonomiese omwentelinge het ’n verdere nadelige effek op politiese stabiliteit gehad (Le Roux, Prinsloo & Mulder, 1994:39)
4.
MULTIPLE CHOICE QUESTION
30 sec • 1 pt
Watter een van die volgende voorbeelde se teksverwysing en punktuasie is korrek?
Die waarde van bome vir stedelike bewoning maak dit "noodsaaklik om hul gesondheid te bestudeer, hul so lank moontlik te bewaar en tot toekomstige studies op stadsbome by te dra (Ludick, 2021:2)".
Die waarde van bome vir stedelike bewoning maak dit "noodsaaklik om hul gesondheid te bestudeer, hul so lank moontlik te bewaar en tot toekomstige studies op stadsbome by te dra." (Ludick, 2021:2).
Die waarde van bome vir stedelike bewoning maak dit "noodsaaklik om hul gesondheid te bestudeer, hul so lank moontlik te bewaar en tot toekomstige studies op stadsbome by te dra" (Ludick, 2021:2).
Die waarde van bome vir stedelike bewoning maak dit "noodsaaklik om hul gesondheid te bestudeer, hul so lank moontlik te bewaar en tot toekomstige studies op stadsbome by te dra." (Ludick, 2021:2)
5.
MULTIPLE CHOICE QUESTION
30 sec • 1 pt
Watter een van die volgende voorbeelde se punktuasie en teksverwysing is korrek?
Ludick (2021) verduidelik soos volg die nut van Helama et al. (2009) se boomring-metode: "Die nut van hierdie metode lê nie slegs in die retrospektiewe perspektief wat dit op die vitaliteit van bome kan verskaf nie, maar sulke data kan ook direk met klimaatsrekords vergelyk word en sodoende verdere insig verleen in die klimaat waarin die bome groei" (Ludick, 2021:83).
Ludick verduidelik soos volg die nut van Helama et al. (2009) se boomring-metode: "Die nut van hierdie metode lê nie slegs in die retrospektiewe perspektief wat dit op die vitaliteit van bome kan verskaf nie, maar sulke data kan ook direk met klimaatsrekords vergelyk word en sodoende verdere insig verleen in die klimaat waarin die bome groei." (Ludick, 2021:83)
Ludick (2021:83) verduidelik soos volg die nut van Helama et al. (2009) se boomring-metode: "Die nut van hierdie metode lê nie slegs in die retrospektiewe perspektief wat dit op die vitaliteit van bome kan verskaf nie, maar sulke data kan ook direk met klimaatsrekords vergelyk word en sodoende verdere insig verleen in die klimaat waarin die bome groei."
Ludick (2021) verduidelik soos volg die nut van Helama et al. (2009) se boomring-metode: "Die nut van hierdie metode lê nie slegs in die retrospektiewe perspektief wat dit op die vitaliteit van bome kan verskaf nie, maar sulke data kan ook direk met klimaatsrekords vergelyk word en sodoende verdere insig verleen in die klimaat waarin die bome groei." (Ludick, 2021:83)
Access all questions and much more by creating a free account
Create resources
Host any resource
Get auto-graded reports

Continue with Google

Continue with Email

Continue with Classlink

Continue with Clever
or continue with

Microsoft
%20(1).png)
Apple
Others
Already have an account?