AFDELING A: BEGRIPSTOETS (20 PUNTE)
TEKS 1: BOEKRESENSIE
Lees die volgende teks en beantwoord die vrae.
Charlie en die Sjokoladefabriek, Roald Dahl
Roald Dahl is `n bekende kinderboekskrywer. Sy stories het dikwels `n
minderbevoorregte hoofkarakter wat aan die einde deur harde werk en toewyding
suksesvol is.
Charlie Bucket, die hoofkarakter, is `n seun wat saam met sy ma, pa en grootouers
in `n klein houthuisie woon. Charlie hoor dikwels van die plaaslike sjokoladefabriek,
wat aan Willy Wonka behoort het, in die stories wat sy oupa Joe vertel het. Toe
Charlie van die kompetisie wat die fabriek aanbied hoor, om `n goue kaartjie in `n
sjokoladestafie te kry, kon hy net daarvan droom om te wen. Charlie het `n paar
keer probeer,maar omdat hy arm is, kon hy dit nie bekostig om elke dag `n
sjokoladestafie te eet soos sy vriende by die skool nie. Vier van die vyf kaartjies is
gevind en Charlie het alle hoop verloor, maar toe tel hy geld in die straat op en koop
vir hom `n “Whipple Scrumptious Fudgemallow delight”. Hy kry die vyfde en laaste
kaartjie!
Die storie maak van baie sintuie gebruik. Alhoewel ons nie fisies die sjokolade kan
proe nie, kan ons dit deur die woordgebruik op die bladsy proe. Ons kan die
sjokoladerivier ruik en ons kan die malvalekkerkussings voel.
Ek hou van die manier waarop Dahl die kinders as perfekte voorbeelde van
gulsigheid en luiheid beskryf. Dit kan jong lesers wys dat sulke mense nie ver in die
lewe kom nie. Hierdie boek gee snaakse voorbeelde van hoe jou houding en gedrag
jou toekoms bepaal.
Ek dink hierdie boek bied `n goeie boodskap aan kinders; maak nie saak wat jou
agtergrond is nie, as jy volhard en trou bly aan jouself, sal jy aan die einde bo
uitkom.
[Aangepas uit:childrensbooks.wikia.com/wiki/Charlie_and_the_Chocolate_Factory]