wayground logo

Free Printable Worksheets

NEW

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Direkte en indirekte rede

Total questions: 10

Worksheet time: 8mins

Name
Class
Date
1.

Die volgende leestekens dui aan dat jy te doen het met die direkte rede:

a)

Punte en kommas.

b)

Aanhalingtekens.

c)

Aanhalingstekens en’n dubbelpunt.

d)

Punte, kommas en aanhalingstekens.

2.

Vandag verander na:

a)

die volgende dag

b)

daardie dag

c)

die vorige dag

d)

bly vandag

3.

Nou verander na

a)

dadelik

b)

toe

c)

hier

d)

bly nou

4.

Uitroep moet in die indirekte rede

a)

uitroepe bly.

b)

weggelaat word.

c)

vervang word met ‘n word.

d)

omskryf word.

5.

Wanneer ‘n vraagsin oorgesit word in die indirekte rede gebruik jy:

a)

of

b)

dat

c)

omdat

d)

daarom

6.

Skryf die volgende sin in die indirekte rede:


Die vrou sê : “Ek gaan die werk vandag hier klaarmaak.”

a)

Die vrou het gesê ek moet die werk vandag klaarmaak.

b)

Die vrou sê ek moet die werk daardie dag klaarmaak.

c)

Die vrou sê dat sy die werk daardie dag moet klaarmaak.

d)

Die vrou sê dat sy die werk daardie dag gaan klaarmaak.

7.

Skryf die volgende sin in die indirekte rede:


Die man vra: “ Ekskuus tog, kan u vir my sê waar die kleedkamers is?”

a)

Die man vra om verskoon te word en vra waar die kleedkamers is.

b)

Die man sê ekskuus en vra waar die kleedkamers is.

c)

Die man vra beleefd of ek vir hom kan sê eaar die kleedkamers is.

d)

Die man vra beleefd of ek vir hom kon sê waar die kleedkamers was.

8.

Skryf die volgende in die indirekte rede:

Die dogter het gesê: “My genade! Ek het dit dan gister hier neergesit!”

a)

Die dogter het uitgeroep dat sy dit gister hier neergesit het.

b)

Die dogter het moedeloos gesê dat sy dit gister daar neergesit het.

c)

Die dogter het moedeloos gesê dat sy dit die vorige dag daar neergesit het.

d)

Die dogter het moedeloos gesê dat sy dit die vorige dag hier neergesit het.

9.

Skryf die volgende in die direkte rede:


Die vrou het verskonend gesê haar man kan daardie dag nie die geld betaal nie.

a)

Die vrou het verskonend gesê: ”Haar man kan daardie dag nie die geld betaal.”

b)

Die vrou het verskonend gesê: ”Haar man kan daardie dag nie die geld betaal nie.”

c)

Die vrou het verskonend gesê: ”My man kan nie vandag die geld betaal nie.”

d)

Die vrou sê verskonend: ”My man kon nie gister die geld betaal nie.”

10.

Skryf die volgende in die direkte rede:

Die man vra of almal vandag kan oefen.

a)

Die man vra: ”Kan almal vandag oefen?”

b)

Die man vra: ”Kan almal daardie dag oefen?”

c)

Die man het gevra: ”Kan almal vandag oefen?”

d)

Die man het gevra: ”Kan almal vandag oefen?”