wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

6 Nov Toets Graad 7 Afrikaans Huistaal

Total questions: 50

Worksheet time: 25mins

Name
Class
Date
1.

Verdeel die woord "tafel" in lettergrepe.

a)

ta-fel

b)

taf-el

c)

tafel

d)

taf-fel

2.

Gee die meervoud van bad.

a)

badde

b)

baddens

c)

bads

d)

badkamer

3.

Wat is die verkleinwoord van ma?

a)

mamma

b)

mammie

c)

ma'tjie

d)

moeksie

4.

Watter gevoel druk die woord "mammie" uit wanneer 'n kind sy/haar moeder aanspreek?

a)

minagting

b)

bewondering

c)

haat

d)

liefde

5.

Wat is die meervoud van Fouché?

a)

Fouché's

b)

Foucheé

c)

Fouches

d)

Foucheë

6.

Gee die verkleinwoord van avokado.

a)

avokadotjie

b)

avokadokie

c)

avokado'tjie

d)

avokadopie

7.

Hoe lyk deeltekens?

a)

;

b)

;

c)

''

d)

..

8.

Wat is die funksie van deeltekens?

a)

Dit help om die woord beter te maak.

b)

Dit maak die woord reg.

c)

Dit dui aan waar 'n nuwe lettergreep gaan begin.

d)

Dit dui die meervoud van alle woorde aan.

9.

Hoekom word Weg met 'n hoofletter geskryf?

a)

Die mens beklemtoon die feit dat hy/sy wil wegkom.

b)

Dit kan dalk die naam van 'n tydskrif wees.

c)

Dis 'n rigting.

d)

Die woord is verkeerd geskryf.

10.

Aanhalingstekens word gebruik by...

a)

indirekte rede

b)

direkte rede

c)

lydende vorm

d)

ontkenning

11.

Wat die die basis van speletjies?

a)

spelet

b)

speel

c)

spele

d)

tjies

12.

Wat beteken die agtervoegsel "loos"?

a)

sonder

b)

verkleining

c)

sleg / nie

d)

weg

13.

Is die woord "visstok" 'n samestelling of 'n afleiding?

a)

samestelling

b)

afleiding

14.

"Die hond het vir die kat geblaf." Identofiseer die gesegde in die sin.

a)

Die hond

b)

die kat

c)

geblaf

d)

het geblaf

15.

"Die hond het vir die kat geblaf." Identifiseer die bepaalde lidwoord.

a)

die

b)

het

c)

vir

d)

hond

16.

"Flekkie het vir Samoa geblaf omdat hy vir die strikkie in haar hare geskrik het." Identifiseer een eienaam en een soortnaam in die sin.

a)

Samoa en omdat

b)

Flekkie en geskrik

c)

Flekkie en strikkie

d)

Samoa en Flekkie

17.

Gee die vroulike vorm van wolf.

a)

wolvin

b)

wolfin

c)

wolven

d)

wolfen

18.

Gee die korrekte versamelnaam vir 'n groep patryse.

a)

vlug

b)

werpsel

c)

nes

d)

paneel

19.

Die korrekte versamelnaam vir 'n goep vetplante, is 'n ...

a)

salvo

b)

vloot

c)

kolonie

d)

pak

20.

Watter abstrakte selfstandige naamwoord sal die beste by hierdie prentjie pas?

a)

jaloesie

b)

afguns

c)

vriendskap

d)

frustrasie

21.

"Ek is besig om my hare te was." Ek is 'n voorbeeld van 'n --- voornaamwoord.

a)

persoonlike

b)

besitlike

c)

aanwysende

d)

wederkerige

22.

"Die pen is hare en nie joune nie." Hare is 'n voorbeeld van 'n --- voornaamwoord.

a)

besitlike

b)

persoonlike

c)

vraende

d)

onpersoonlike

23.

Watter sin het twee onpersoonlike voornaamwoorde in?

a)

Dit reën in die woestyn, want daar is min water.

b)

My hare is nat en joune nie.

c)

Wie is die seun se ma?

d)

Daar is 'n visarend en hy vang visse.

24.

Kies die byvoeglike naamwoord wat attributief gebruik is.

a)

Die kwaai hond het my gebyt.

b)

Die hond wat kwaai is, het my gebyt.

25.

Kies die byvoeglike naamwoord wat predikatief gebruik is.

a)

Die huis se dak is rooi.

b)

Die rooi dak van die huis is mooi.

26.

Gee die oortreffende trap van min.

a)

minste

b)

minder

27.

Gee die vergrotende trap van realisties.

a)

meer realisties

b)

mees realisties

c)

onrealisties

28.

Kies die korrekte intensiewe vorm vir 'n deur wat baie oop is.

a)

wawyd oop

b)

wa wyd oop

c)

wawydoop

d)

oopste

29.

Gee die korrekte intensiewe vorm vir taai.

a)

rateltaai

b)

vrektaai

c)

pritttaai

d)

goedtaai

30.

Gee die regte verbuiging van die volgende byvoeglike naamwoorde wat tussen hakies geskryf staan.

Die (chaos) toestand by die skool, is nou te erg.

a)

chaosagtige

b)

chaotiese

c)

chaotiesse

d)

chaottiesse

31.

Is die volgende hoofwerkwoord oorganklik of onoorganklik?

"Die kinders sing."

a)

onoorganklik

b)

oorganklik

32.

Skryf die sin in die verlede tyd.

"Jou werk is klaar."

a)

Jou werk moet klaar is.

b)

Jou werk was klaar.

c)

Jou werk was geklaar.

d)

Gister is jou werk klaar gewees.

33.

Skryf die sin in die toekomende tyd deur die korrekte hulpwerkwoord van tyd te gebruik.

"Sannie swem in die dam."

a)

Sannie sal in die dam swem.

b)

Sannie hat in die dam geswem.

c)

Sannie gaan nog in die dam swem.

d)

Sannie sal in die dam geswem het.

34.

Identifiseer die sin wat 'n bywoord van wyse bevat.

a)

Die seun skop die bal vinnig.

b)

Die seun skop die bal oor die heining.

c)

Die seun skop nie die bal nie.

d)

Die seun is besig om nou die bal te skop.

35.

Gee een woord vir "as dit nag is".

a)

middernagtelike ure

b)

skemer

c)

middag

d)

snags

36.

Vul die korrekte voorsetsel in.

"Ek praat ___ die persoon."

a)

met

b)

saam

c)

in

d)

op

37.

Vul die korrekte voorsetsel in.

"Ons sing die skoollied ___ volle bors."

a)

deur

b)

in

c)

uit

d)

onder

38.

Verbind die twee sinne deur gebruik te maak van die korrekte voegwoord.

"Keen sing in die straat." "Keen hou van sing in die straat."

a)

Keen sing in die straat omdat hy daarvan hou.

b)

Keen sing in die straat omdat Keen hou van sing in die straat.

c)

Keen sing in die straat, want Keen hou van sing in die straat.

d)

Keen sing in die straat en Keen hou van sing in die straat.

39.

"Sjoe!" Dit is 'n voorbeeld van 'n...

a)

uitroepteken

b)

tussenwerpsel

c)

verbasing

d)

werkwoord

40.

Die seun ry in die straat op sy fiets. Die gekleurde gedeelte is 'n voorbeeld van...

a)

bywoordelike bepaling

b)

byvoeglike bepaling

c)

bywoord van tyd of plek

d)

sinoniem vir lekker

41.

Stil-stil word met 'n koppelteken geskryf, want...

a)

dit sal moeilik lees as dit nie deeltekens het nie.

b)

dit is om die woorde te verdeel.

c)

dit is 'n woord wat herhaal word.

d)

alle woorde wat so lyk, kry 'n koppelteken.

42.

"Chantel, my vriendin, eet die rooi appel." Identifiseer die voorwerp in hierdie sin

a)

appel

b)

vriendin

c)

Chantel

d)

eet

43.

Kies die sin wat in bedrywende vorm geskryf is.

a)

Pa sny die gras.

b)

Die gras word deur pa gesny.

44.

Skryf die sin in ontkennende vorm.

"Het jy al ooit 'n appel gekook?"

a)

Het jy nie al ooit 'n appel gekook nie?

b)

Nee, ek het nie al ooit 'n appel gekook nie.

c)

Het jy nog nooit 'n appel gekook nie?

d)

Nee, ek het nie.

45.

Verander die sin na indirekte rede.

Piet sê: "Daan, ons gaan môre lekker eet."

a)

Piet sê dat hy en Daan die volgende dag lekker gaan eet.

b)

Piet sê Daan ons gaan môre lekker gaan eet.

c)

Piet sê Daan ons gaan lekker eet.

d)

Piet wil weet of hy en Daan lekker gaan eet.

46.

'n Sinoniem vir kil, is...

a)

koud

b)

gil

c)

twyfel

d)

tydsaam

47.

Jy gaan akkoord met iets, beteken...

a)

jy sing mooi.

b)

jy weet die beste.

c)

jy weet nie wat om te doen nie.

d)

jy stem daarmee saam.

48.

Gee die suiwer Afrikaans vir die volgende anglisisme.

"Ek gaan die hoof sien."

a)

Ek gaan die hoof spreek.

b)

Ek gaan die hoof bespreek.

c)

Ek gaan die hoof uittrap.

d)

Ek gaan die hoof kontak.

49.

Wat doen 'n optimis?

a)

Hy sien altyd die positiewe kant van 'n saak.

b)

Hy toets jou oë.

c)

Hy sien die negatiewe kant van die saak.

d)

Hy speel professioneel sokker vir die land.

50.

Wat beteken hierdie spotprent?

"Dit bly tussen hierdie vier mure."

a)

Die miere moet kos versamel vir die ander.

b)

Dit wat jy nou gaan hoor, mag jy nie oorvertel nie.

c)

Jy mag nie die miere in die huis doodmaak nie.

d)

Hierdie miere is baie slim.