NEW
Font size
WorksheetsGraad 7-hersiening Julie 2019
Total questions: 40
Worksheet time: 20mins
Watter een van die volgende is 'n soortnaam?
piesang
sand
werk
skop
Gee die korrekte versamelnaam vir 'n klomp beeste.
trop
swerm
skool
eskader
Die hond het aanhoudend geblaf terwyl ons oorkant die rivier gestaan het. "Oorkant" is 'n ...
bywoord van grasie
bywoord van tyd
bywoord van plek
bywoord van graad
Watter twee van hierdie woorde is byvoeglike naamwoorde?
rooi en reuse
rooi en groen
rooi en spring
rooi en nooi
Watter bysin kan gebruik word om hierdie sin uit te brei? Die kat sit op die mat.
met die growwe pote
met die vet tone
wat luise het
want hy hou daarvan
Piet swem in die dam. Piet kry koud. Watter voegwoord sal die beste wees om die twee sinne te verbind?
en
derhalwe
mits
omdat
Gee die sinoniem vir "ruimskoots".
skoot
groot
suinig
vrygewig
Gee die antoniem vir ooglopend.
geheimsinnig
onooglopend
hardloop
oorloop
Die ___ begelei die fluitspeler.
klavier
klavierlis
pianis
viool
Die rekenmeester het bedrog ___ .
verpleeg
gepleeg
parapleeg
ontpleeg
'n Ouer het sy kind ___ lief.
onvoorwaardelik
ongeag
onomwonde
ondanks
Hulle het ___ bewys dat eksamen stresvol kan wees.
ongeag
onomwonde
ondanks
onomstootlik
Die onderwyser het ___ die waarheid vertel.
onomstootlik
ongeag
onderwerp
ongelukkig
Kies 'n bywoord vir die woorde tussen hakies.
Ons het 'n nuwe leier (sonder dat iemand daaroor stry) gekies.
onomstrede
twis
baklei
onderdanig
Gee een woord vir "nie aspris nie".
erg
opsetlik
onopsetlik
per setlik
Die professor ___ 'n referaat by die kongres.
doen
gee
maak
lewer
Die minister het die nasionale begroting ___ .
ingedien
ingehandig
oorhandig
e-pos
Watter een van hierdie sinne is enkelvoudig?
Ek hou van sing en dans.
Die kat sit op die mat.
Ek dra 'n serp, want dit sneeu.
Jasper eet pere omdat hy daarvan hou.
Watter een van hierdie sinne is veelvoudig?
Jasper vang vis omdat hy honger is.
Die rooi kar ry vinnig om die hoek.
Ek hou van die appels.
Gister was die slegste dag van my lewe.
Ek gaan haal vir my 'n broodjie. Gebruik die homoniem van "haal" en maak 'n goeie sin daarmee.
Dit hael as die wolke swart is.
Ek kry pak en nou is daar 'n rooi haal op my boude.
Gaan haal vir my 'n lekkertjie.
My hond se naam is Haal.
Rys en reis is ...
homofone
homonieme
meervoude
intensiewe vorme
Verander die volgende sin in 'n vraagsin. Manie bly op die maan.
Bly manie op die maan!
Bly Manie op die maan&
Bly Manie op die maan?
bly Manie Op die Maan?
Watter sin is foutloos?
Die skool is in die Koue Bokkeveld.
Die Skool is in die Koue bokkeveld.
Die skool is in die koue Bokkeveld.
Die Skool is in die Koue Bokkeveld
Watter sin is in die toekomende tyd geskryf?
Ek gaan by jou kom speel.
Ek sal by jou kom speel.
Ek gaan nog by jou gaan kom speel.
Ek het by jou gespeel.
Watter afkorting word vir 'n vrou gebruik?
me
mev.
mej.
me.
Na watter sin sal hierdie gesiggie pas?
Jammer, ek kan nie kom braai nie. Ek moet leer.
Ek moet tandarts toe gaan om 'n nuwe bril te kry.
Ja, ek bring my swembril na jou partytjie toe.
Hoera! Ek het 'n prys gewen.
Hierdie gesiggie sal geplaas word aan die einde van 'n sin. By watter sin se einde sal hierdie gesiggie pas?
Ek kan nie skool toe gaan nie, want ek is siek.
My hond het al sy kos opgevreet.
My voet het seergekry by die rugby.
Ek is 'n boekwurm. Juffrou het vir ons pryse gegee.
Hierdie "emoji" kan saam met 'n tussenwerpsel gebruik word. Watter een sal die beste pas?
Ag, nee!
Hoera!
Wonderlik!
Aaklig!
Dit is 'n lank pad. Verbeter hierdie sin.
Dit is 'n lange pad.
Dit is 'n lang pad.
Dit is 'n langste pad.
Dit is 'n langk pad.
Watter frase pas die beste by hierdie plakkaat.
Jy is jou eie label.
Jy is uniek.
Jy is jou eie soort mens.
Jy is jou eie handelsmerk.
Watter woord pas by hierdie plakkaat?
beroemd
berug
dief
beloon
Vertaal hierdie woord in Afrikaans.
afpersing
swartpos
brief
Wat beteken hierdie woorde?
Hy het 'n prentjie van jy pa uitgeknip.
Hy lyk net soos sy.
Die kinders mag nie met papier werk nie.
Babas kan nie knip nie.
Hier volg jou ___ vir vandag.
weerkaart
weervoorspelling
weerinligting
weer
Waar sal hierdie weerkaart aangetref word?
gedrukte media
radio
biblioteek
Wimpy
Watter tipe teks is hierdie?
advertenise
verhalende teks
koerantberig
verslag
Ek eet avo wanneer ons by die bure braai, want hulle ander groente is aaklik. Watter twee verkortings is gebruik?
avo en braai
groente en aaklig
bure en aaklig
avo en twee
Waarvoor staan HAT?
Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal
Hande altyd toe
Hoop altyd tevrede
Hoede altyd teen die muur
In watter sin is nie ellips korrek gebruik?
Ek hou van jou, maar...
Ek hou van jou, maar ...
Ek hou van jou, maar .........
Ek hou van jou, maar... ... ...
In watter sin word die koppelteken korrek gebruik?
Pak jou slaap- en kerkklere in as jy kom kuier.
Pak jou slaap - en - kerkklere in as jy kom kuier.
Pak jou slaapklere en -klere in as jy kom kuier.
Pak jou slaap-en kerkklere-in as jy-kom kuier.
