WorksheetsFairview Primary School: Formele Assessering Afrikaans Begriptstoets Graad 5 Kwartaal 4
Total questions: 10
Worksheet time: 3hrs 30mins
DIE BOODSKAP
"Wat
doen jy, Mossie?" vra Uil. Mossie sit naby sy nessie en
kyk in die lug op." Ek
wag vir `n boodskap van my tant Mossie. Sy
kom weer kuier. Sy sal eers
`n boodskap stuur om te sê wanneer sy
weer kom."
Uil skud sy kop: "
Hoekom kyk jy dan in die lug op? Jou tant Mossie
sal vir jou `n brief, `n
poskaart, `n kaartjie of `n e-pos stuur. Miskien bel
sy selfs."
Mossie vra verbaas: "
Kan jy dit ales gebruik om `n boodskap te stuur?
Slim ou Uil sê: "Ja ,
natuurlik! Jy kan enige boodskap op `n poskaart
of kaartjie of in `n brief of
e-pos of oor die telefoon stuur. `n E-pos
is `n rekenaarboodskap. ~n
brief skryf jy op `n stuk papier en sit dit
in `n koevert met `n seël op,
dan pos jy dit. `n Kaartjie ook, maar `n
poskaart kom oop in die pos,
met `n seël op."
"Tjirp!Tjirp! Nou
verstaan ek, "sê Mossie bly."
Dan spring Uil op, want sy
selfoon lui. "Hoe-Hoe! Hallo!Hallo!"
click here
don't click here
Wat is die naam van die storie?
Die uil
Die Mossie
Boodskap
Die Boodskap
Wie is die karakters in die storie?
Muis, Uil en Mossie
Mossie en Muis
Mossie en Uil
Watter kleur is Uil?
Groen
Blou
Wit
Pienk
Watter kleur is Mossie?
Groen
Blou
Wit
Pienk
Wat is `n e-pos `n rekenaarboodskap?
Waar
Onwaar
Watter geluid maak Mossie?
Hoe-Hoe
snork-snork
Tjirp-Tjirp
Watter geluid maak Uil?
Hoe-Hoe
snork-snork
Tjirp-Tjirp
Wie kom weer kuier?
Uil se ma
Uil se tante
Mossie se ma
Mossie se tante
Watter word is die teenoorgestelde van die woordjie "dom" in die storie?
binne
slim
selfsugtig
verbaas
