Font size
WorksheetsWetenskap Gr.6 Vleilande
Total questions: 15
Worksheet time: 11mins
Gee die definisie van 'n vleiland.
'n Gebied wat die grootste deel van die jaar reën kry.
'n Gebied wat oortrek is met riete en gras
'n Gebied met 'n hoë biodiversiteit.
'n Gebied wat die grootste deel van die jaar deur vlak water bedek is.
Watter een van die volgende is NIE 'n vleiland nie.
Okavangomoeras
Strandmeer by Walvisbaai
Oranjeriviermond
Hardapdam
Sandwichhawe
Merk die stellings wat as voordele van vleilande beskou word.
Bron van drinkwater
Natuurlike waterfiltreersisteem
Dien as stortingsplek vir fabriek- en toiletafval
Verhoed vloede en reguleer watervloei
Verskaf habitat en broeiplek
Vleiland is soos sponse wat water tydens die reënseisoen opsuig en geleidelik vrystel.
Waar
Vals
Watter voordeel van vleilande word deur die prentjie uitgebeeld?
Plek vir riete om te groei
Habitat en broeiplek vir voëls
Verskaf drinkwater een boere en hul vee
Laat eende se neste dryf
Vleilande absorbeer water en stel dit stelselmatig vry. Dit help om... (2)
vloede te verhoed
water te suiwer
dat diere beter aanteel.
altyd beskikbare water in strome en damme te hê
Die verskillende soorte plante, diere en lewende organismes in 'n ekostelsel.
habitat
watergehalte
biodiversiteit
mikro-organismes
Hoe groter die verskeidenheid dier- en plantsoorte in 'n ekosisteem, swakker is die biodiversiteit.
waar
onwaar
Volgens die opname, waar is die biodiversiteit op die beste?
A
B
C
D
Waarom sou daar soveel minder plantspesies onder die brug wees as selfs by die goudmyn?
Nie genoeg minerale in die water nie.
Nie genoeg sonlig om te kan fotosinteer nie.
Daar is te veel plantvretende diere
Die motors raas te veel.
Kyk na waar die biodiversiteit op die beste is. Merk al die moontlike redes daarvoor.
Die water is daar die diepste.
Daar is minder geluide wat die diere steur.
Dis ver van waar mynafval gestort word.
Daar kom die minste besoedeling voor.
Daar word gereeld kos vir die diere uitgesit.
Watergehalte dui aan hoe veilig water is vir gebruik.
Waar
Onwaar
Waar is die watergehalte van Vinkelvlei op die swakste?
A
B
C
D
Vleilande verbeter watergehalte. Hoekom? Merk al die redes wat waar is.
Mikro-organismes breek skadelike toiletafval af.
Voëls wat in die water mors, trek weg.
Aktiewe oplosbare stowwe uit seep word verwyder en afgebreek.
Hul dien as filters om water te suiwer.
Besoedeling verswak die biodiversiteit van 'n vleiland. Hoekom? (3)
Habitat van diere en plante word vernietig.
Seep en insekdoders vergiftig die water.
Diere vrek of trek weg.
Mikro-organismes breek die skadelike stowwe in kunsmis af.
