wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Slotparagraaf - Teorie

Total questions: 10

Worksheet time: 14mins

Name
Class
Date
1.

'n Slotparagraaf is grotendeels 'n skrywer se eie akademiese stem.

a)
b)
2.

'n Slotparagraaf moet altyd 'n interessante aanhaling van 'n belangrike persoon bevat. (a)  

Choose from the below words
Waar
Vals
3.

Watter woord in die onderstaande teks dui vir die leser aan dat dit die slotparagraaf is wat gaan volg?

Dus is dit duidelik dat vakinhoudelike kennis deur tegnologie en gepaardgaande kommunikasiemiddels onderrig kan word, selfs al is onderwysstudente fisiek van hul dosente geskei, maar dat tegnologie nie die karaktereienskappe of sagte vaardighede wat moontlik ter sprake is, kan laat realiseer.

(a)  

4.

Dit is belangrik om nie bloot jou gevolgtrekking/afleiding aan te dui nie. Jy moet ook die argumente of inhoud waarop jy jou gevolgtrekking of afleiding grond, aandui. (a)  

Choose from the below words
Waar
Vals
5.

Die gevolgtrekking is 'n opsomming van jou werkstuk.

a)

Waar

b)

Vals

6.

Die slotparagraaf se tweede gedeelte bestaan normaalweg uit 'n:

a)

kernagtige herformulering van die kernargumente van die middeldeel.

b)

terugverwysing na die tesisstelling van die inleiding

c)

gevoltrekking op grond van die kernargumente.

d)

agtergrondinligting te gee.

7.

Uit die onderstaande slotparagraaf kan daar afgelei word dat die werkstuk gehandel het oor:

1Die voorafgaande bespreking het verskeie konsepte van die opleiding van onderwysers, veral deur afstandsonderrig en gepaardgaande tegnologie omskryf ten einde vas te stel of sagtevaardighede wat inherent deel van effektiewe onderwys is, deur middel van tegnologie aangeleer kan word. 2Die oorsig oor die aard van onderwys en die vereistes om as ’n professie te kwalifiseer bevestig dat onderwys as ’n professie beskou word en gevolglik eiesoortige sagte vaardighede of karaktereienskappe verg wat effektiewe onderwysers moet bemeester. 3Deur hierdie sagte vaardighede behoorlik te omskryf, veral in vakmetodologie, kan voorbeelde aan studente voorgehou word om hulle te help om die betrokke vaardighede te identifiseer, in te oefen en te eien. 4Afstandsonderrig kan tegnologie inspan deur weldeurdagte voorbeelde van sagte vaardighede te illustreer en studente daarvan bewus te maak en ook klem daarop te lê. 5Studente kan die geleentheid gegee word om dié vaardighede in te oefen en self toe te eien. 6Die onus is egter op dosente om die nodige materiaal te ontwikkel om onderwysstudente die leergeleenthede te gee om die vereiste sagte vaardighede in hul voorbereiding vir die professie te inkorporeer. 7Indien dosente nie vir studente die leergeleentheid gee nie, kan dit in die toekoms daartoe lei dat onderwysers nie oor die nodige sagtevaardighede sal beskik nie en vir hierdie rede uitdagings in hulle professies sal ervaar.

a)

Die aanleer van sagtevaardighede vir onderwysers deur middel van afstandsonderrig en tegnologie

b)

Die opleiding van onderwysers deur middel van tegnologie

c)

‘n Omskrywing van sagtevaardighede en die noodsaaklikheid daarvan.

d)

‘n Vergelyking tussen verskillende tipe sagtevaardighede wat onderwysers nodig het.

8.

'n Slotparagraaf kan verskeie funksies vervul. Met ander woorde die doel van 'n slot kan verskil.

Kies al die toepaslike opsies.

a)

Die bespreekte onderwerp binne 'n breër konteks plaas.

b)

'n Gevolgtrekking bevat.

c)

'n Voorspelling maak of 'n toekomsperspektief bied.

d)

Die implikasie of gevolg gee van dit wat bespreek is.

e)

Oplossings of voorstelle aanbied.

9.

Watter woord of frase in die onderstaande teks dui vir die leser aan dat dit die slotparagraaf is wat gaan volg?

1Die voorafgaande bespreking het verskeie konsepte van die opleiding van onderwysers, veral deur afstandsonderrig en gepaardgaande tegnologie omskryf ten einde vas te stel of sagtevaardighede wat inherent deel van effektiewe onderwys is, deur middel van tegnologie aangeleer kan word. 2Die oorsig oor die aard van onderwys en die vereistes om as ’n professie te kwalifiseer bevestig dat onderwys as ’n professie beskou word en gevolglik eiesoortige sagte vaardighede of karaktereienskappe verg wat effektiewe onderwysers moet bemeester. 3Deur hierdie sagte vaardighede behoorlik te omskryf, veral in vakmetodologie, kan voorbeelde aan studente voorgehou word om hulle te help om die betrokke vaardighede te identifiseer, in te oefen en te eien. 4Afstandsonderrig kan tegnologie inspan deur weldeurdagte voorbeelde van sagte vaardighede te illustreer en studente daarvan bewus te maak en ook klem daarop te lê. 5Studente kan die geleentheid gegee word om dié vaardighede in te oefen en self toe te eien. 6Die onus is egter op dosente om die nodige materiaal te ontwikkel om onderwysstudente die leergeleenthede te gee om die vereiste sagte vaardighede in hul voorbereiding vir die professie te inkorporeer. 7Indien dosente nie vir studente die leergeleentheid gee nie, kan dit in die toekoms daartoe lei dat onderwysers nie oor die nodige sagtevaardighede sal beskik nie en vir hierdie rede uitdagings in hulle professies sal ervaar.

(a)  

10.

Dui aan wat die struktuur van 'n akademiese slotparagraaf is, deur die blokkies in die korrekte volgorde te trek.

a)

Herfraseer die tesisstelling van die teks.

b)

Kom tot 'n gevolgtrekking wat bv. 'n afleiding is of 'n breër perspektief bied of die implikasie verwoord.

c)

Gee kernagtig die argumente weer wat jou gelei het om tot by 'n sekere gevoltrekking te kom.

1)
2)
3)