WorksheetsGR 9 Afrikaans - Woordsoorte
Total questions: 13
Worksheet time: 10mins
Identifiseer die byvoeglike naamwoorde in die volgende sin:
Die klaskamer is gevul met groot rekenaars wat baie duur is.
Die; gevul
klaskamer; rekenaars
groot; duur
is; duur
Identifiseer die werkwoord in die volgende sin:
Ek speel aanlyn speletjies op die rekenaar.
Ek
speel
op
aanlyn
Voor watter woordsoorte verskyn 'n lidwoord?
Selfstandige naamwoord
Byvoeglike naamwoord
Werkwoord
Bywoord
Watter van die volgende woorde is 'n voegwoord?
omdat
sy
werk
hard
Wat is die definisie van 'n Bepaalde hooftelwoord?
Dit dui spesifieke hoeveelheid aan
Dit dui die onbepaalde hoeveelheid aan
Dit dui die hoeveelste plek aan
Wat is die definisie van 'n voegwoord?
Dit beskryf die selfstandige naamwoord
Dit bind sinne met mekaar
Dit voeg gevoelens en mense bymekaar
Dit beskryf die werkwoord
Benoem die verskillende tipes telwoorde.
Hooftelwoorde; onbepaalde hooftelwoorde
Persoonlike telwoorde; rangtelwoorde
Hooftelwoorde; tangtelwoorde
Onbepaalde telwoorde; bepaalde telwoorde
Watter van die volgende is Persoonlike voornaamwoorde?
Ek; ons; hulle
Hy; sy; dit
Wie; ek; ons
Dit; julle; sy
Wat het die volgende woorde in gemeen?
Eina! Hoera! Ek is lief vir jou.
Selfstandige naamwoorde
Dit het uitroeptekens
Dit is stelsinne
Dit dui gevoelens en emosies aan
Kies die een wat NIE pas NIE:
Selfstandige naamwoorde bestaan uit...
Eiename
Soortname
Lidwoorde
Massaname
Wat het die volgende terme in gemeen?
wyse - tyd - plek - graad
Dit verteenwoordig byvoeglike naamwoorde
Dit dui bywoorde aan
Dit dui ligging aan
Dit dui werkwoorde aan
Wat is die intensiewe vorm van NODIG?
verskrikliknodig
baienodig
broodnodig
vreesliknodig
Gee die meervoud van 'Ma'
Ma-hulle
Ma'le
Mas
Ma's
