wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Poësie definisies

Total questions: 20

Worksheet time: 13mins

Name
Class
Date
1.

Watter een van die volgende is 'n voorbeeld van onomatopee?

a)

Sy sing soos 'n nagtegal

b)

Die voëls tjirp in die bome

c)

Daar was duiwe en loeries en kiewiete...

d)

Die voëls vlieg vreeslik vinnig

2.

Wat word 'n strofe met 2 versreëls genoem?

a)

Tersiene

b)

Koeplet

c)

Kwatryn

d)

Oktaaf

3.

Wat noem 'n mens die samesmelting van twee woorde om as een woord uitgespreek te word?

a)

Alliterasie

b)

Assonansie

c)

Assimilasie

d)

Atomasie

4.

Waarvan is die volgende 'n voorbeeld?: Die blommetjies glimlag vrolik vir die son.

a)

Personifikasie

b)

Metafoor

c)

Sinekdogee

d)

Assonansie

5.

Wat is die definisie van enjambement?

a)

'n Herhaling van voegwoorde

b)

'n Gedeelte van die geheel word genoem om na die geheel te verwys

c)

Die herhaling van vokale

d)

Die oorgang van een versreël na die volgende sonder enige leestekens

6.

'n Teks verwys direk of indirek na 'n ander teks.

Wat word dit genoem?

a)

Binnedigterlikheid

b)

Skrifteks

c)

Interskrif

d)

Interteks

7.

Wat word 'n strofe met ses versreëls genoem?

a)

Sekstet

b)

Oktaaf

c)

Tersiene

d)

Kwatryn

8.

Die uiterlike bou van die gedig (hoe dit op papier lyk) word die (a)   genoem.

9.

Wat is die konnotatiewe betekenis van die volgende uitdrukking?: "Jy het die kat aan die stert beet."

a)

Jy trek 'n kat se stert

b)

Jy het nie 'n idee wat aangaan nie

c)

Jy dink die kat se stert is sy kop

d)

Jy hou nie van katte nie

10.

Watter uitheffingstegniek word in versreëls 2, 4, 7, 8, 10, 12, 16, 18 in hierdie gedig gebruik?

a)

Alleenplasing

b)

Vetdruk

c)

Inkeping

d)

Rym

11.

'n Strofe met vier versreëls word 'n (a)   genoem

12.

Wat word 'n strofe met drie versreëls genoem?

a)

Tersiene

b)

Kwatryn

c)

Oktaaf

d)

Koeplet

13.

'n Strofe met agt versreëls wor 'n (a)   genoem.

14.

'n Voorbeeld van sinekdogee is:

a)

Die huis is stil

b)

Talle tonge het ek

c)

Die deur klap toe

d)

Wie weet waar Willem Wouter woon?

15.
Watter rymskema kom in die volgende voorbeeld voor?
Dôra, Dôra, dienkel dot.
My sussie ry op 'n groen marmot.
a)
Kruisrym
b)
Omarmde rym
c)
Paarrym
d)
Vrye vers
16.
Identifiseer die beelspraak in die volgende voorbeeld:
Hy is nes 'n volstruis, waar hy kom is hy tuis.
a)
Personifikasie
b)
Metafoor
c)
Vergelyking
d)
Klanknabootsing
17.
Kies die korrekte definisie vir "toon".
a)
Die sentrale boodskap of idee in van 'n gedig.
b)
'n Mens se idee of oortuigings oor 'n sekere onderwerp.
c)
Die algemene gevoel of ingesteldheid wat in byvoorbeeld 'n gedig uitgedruk word.
18.
Identifiseer die beeldspraak in die volgende voorbeeld:
Gertjie gee die ganse genoeg graan.
a)
Alliterasie
b)
Assonansie
c)
Personifikasie
d)
Metafoor
19.

Wat noem ons die herhaling van voegwoorde in `n gedig?

a)

sinekdogee

b)

polisindeton

c)

alliterasie

d)

herhaling

20.

Verduidelik die verskil tussen denotatiewe en konnotatiewe betekenis

4 lines