wayground logo

Free Printable Worksheets

NEW

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Graad 10 Hersienning FW

Total questions: 15

Worksheet time: 15mins

Name
Class
Date
1.

Watter stelling oor die geografiese noordpool is NIE korrek nie?

a)

Die punt in die noordelike halfrond waar die aarde se rotasie-as die oppervlakte onmoet.

b)

Dit word op meeste kaarte gebruik.

c)

Dit word deur die posisie van die son bepaal.

d)

Dit beweeg nooit.

2.

Magnetiet is 'n natuurlike magneet wat...aantrek.

a)

yster

b)

kobalt

c)

nikkel

d)

yster, kobalt en nikkel

3.

'n Kompas word in 'n magneet veld gebruik om:

a)

die sterkte van die magneet veld aan te dui.

b)

die rigting van die magneet veldlyne aan te dui.

c)

aan te dui hoeveel veldlyne daar is.

d)

nie een van die bogenoemde nie

4.

'n Permanent magneet het magnetiese eienskappe omdat:

a)

die magneetveld van die elektrone gebalanseerd is.

b)

daar 'n opeenhoping van pole aan die een kant is.

c)

die magnetiese domeine in lyn is.

d)

al die bogenoemde s korrek.

5.

Wat word groepe atome wat saam in 'n ferromagnetiese materiaal groepeer genoem?

a)

Domeine

b)

Ladings

c)

Noordpole

d)

Suidpole

6.

Die volgende stelling is korrek:

a)

Isolators is gewoonlik metale.

b)

'n Resistor absorbeer lading

c)

'n Gelaaide voorwerp kan nie deur 'n neutrale voorwerp aangetrek word nie.

d)

Dieselfde soort ladings stoot mekaar af.

7.

'n Neutrale papiertjie sal aangetrek word deur:

I. 'n ander neutrale voorwerp

II. 'n negatiwe stafie

III. 'n posetiewe stafie

a)

Slegs I

b)

Slegs I en II

c)

Slegs II en III

d)

I ,II, III

8.

'n Polistireenballetjie met 'n lading van +0,024 C raak aan 'n ander polistireenballetjie met 'n lading van -0,004C. Hulle spring van mekaar af weg en dra elk dieelfde lading. Hoeveel lading is op elk van die balletjies?

a)

+0,020 C

b)

+0,010 C

c)

-0,014 C

d)

-0,028 C

9.

Die prosess waareur 'n neutrale voorwerp gelaai word deur met 'n ander gelaaide voorwerp daaraan te raak word ... genoem.

a)

wrywing

b)

induksie

c)

reduksie

d)

kontak

10.

Twee gelaaide sfere hang aan 'n ligte onelastiese toutjies. Hulle verkeer in rus met gelyke hoeke to die vertikaal sos in die prentjie aangedui.Water gevolgtrekking kan oor die twee sfere gemaak word?

a)

Die sfere het gelyke maar teenoorgestelde ladings.

b)

Die een sfeer is gelaai maar die ander en is nie.

c)

Die sfere is teenoorgestelde, maar nie noodwendig met geleike ladings nie.

d)

Die sfere het geleike ladings.

11.

1 ampere is gelyk aan:

a)

1 volt/1 sekonde

b)

1 volt/ 1 coulomb

c)

1 coulomb / 1 sekonde

d)

1 coulomb / 1 volt

12.

In die volgende stroombaan is die totale weerstand van die parallelle skakeling gelyk aan:

a)

1,33 Ω\Omega

b)

4 Ω\Omega

c)

3/4 Ω\Omega

d)

2 Ω\Omega

13.

In die volgende stroombaan, watter stelling i.v.m. die voltmeterlesing van die battery is korrek?

a)

Vt = Vp -V1 +V2

b)

Vt = Vp = V1 = V2

c)

Vt = 2Vp +V1 + V2

d)

Vt = Vp +V1 + V2

14.

Die grootte van 'n elektriese stroom sal defnitief toe neem as:

a)

meer selle in parallel verbind word.

b)

meer resistors in series verbind word.

c)

die resistors in parallel verbind word.

d)

die selle in parallel en die resistors in series verbind word.

15.

Watter een van die stellings omtrent die weerstand van 'n resistor is korrek?

a)

Die weerstand neem af as die lengtre vdaarvan toeneem.

b)

Die weerwstand neem toe as die temperatuur af neem.

c)

Ysterdraad het minder weerstand as koperdraad met dieselfde afmetings.

d)

Die weerstand neem af anneer die radius van die draad toeneem.