wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Sigblad & Databasis

Total questions: 20

Worksheet time: 16mins

Name
Class
Date
1.

'n Toepassing ('application') wat data kan filtreer, sorteer en groepeer (filter, sort & group)

a)

databasis (database)

b)

woordverwerker (word processor)

c)

sigblad (spreadsheet)

2.

Indien jy net die antwoord van 'n formule in 'n sigblad wil kopieer (copy) en plak (paste) en nie die formule self nie, behoort jy die plak-opsie … te kies

a)

'paste link'

b)

'paste formatting'

c)

'paste values'

d)

'transpose'

3.

'n Navraag/Query in 'n databasistoepassing word geskep sodat 'n gebruiker op 'n maklike manier inligting in 'n tabel kan invoer (input).

a)

Waar

b)

Onwaar

4.
'n Sigbladfunksie wat gebruik word om die waardes in al die selle wat aan sekere kriteria voldoen, bymekaar te tel
a)
COUNTIF
b)
AVERAGEIF
c)
SUMIF
5.
Watter EEN van die volgende datatipes is die mees gepaste om 'n ID nommer in 'n databasisveld te stoor?
a)
Number
b)
Short Text
c)
Yes/No
d)
Date
6.

Omskakeling/Conversion is die proses waar data vanaf 'n databasis (database) na 'n sigblad (spreadsheet) oorgedra word sonder om maar net te kopieer en te plak.

a)

Waar

b)

Onwaar

7.

'n Objek (Object) in 'n databasis (database) wat gebruik kan word om soektogte (searches) volgens spesifieke kriteria uit te voer

a)

verslag

b)

navraag

c)

filter

8.

'n Navraag kan in 'n sigblad/spreadsheet gebruik word om spesifieke inligting uit 'n groot stel data te onttrek

a)

Waar

b)

Onwaar

9.

Die foutboodskap (error message) wat vertoon word indien 'n gebruiker ongeldige (invalid) data in 'n databasisveld (database field) inlees

a)

invoermasker

b)

data tipe

c)

valideringsteks

d)

valideringsreël

10.
'n Manier om seker te maak dat selverwysings nie verander wanneer 'n formule gekopieer word nie
a)
absolute selverwysing
b)
beskerm ('locked')
c)
benaamde reeks ('named range')
11.
Watter EEN van die volgende is die mees gepaste datatipe om selfoon-nommers in 'n databasistabel te stoor?
a)
'Short Text'
b)
'Number'
c)
'Yes/No'
d)
'Hyperlink'
12.
'n Sigbladfunksie wat gebruik word om te bepaal in hoeveel selle, die inhoud aan spesifieke vereistes voldoen
a)
AVERAGEIF
b)
COUNTIF
c)
SUMIF
13.

Watter EEN van die volgende databasisobjekte laat 'n gebruiker toe om data een rekord (record) op 'n keer in te voer (input) of te besigtig (view)?

a)

Tabel

b)

Navraag

c)

Vorm

d)

Verslag

14.

Die HIPERSKAKEL ('HYPERLINK') is die geskikste databasisveldtipe om prente fisies in 'n veld te stoor

a)

Waar

b)

Onwaar

15.
Die TOEVOERMASKER-eienskap van 'n databasis verseker dat geen twee rekords in 'n tabel dieselfde kan wees nie
a)
Waar
b)
Onwaar
16.

Like "*Afrika" kan as 'n kriterium vir 'n veld in 'n databasisnavraag gebruik word om alle rekords terug te stuur in daardie spesifieke veld wat met die woord 'Afrika' BEGIN.

a)

Waar

b)

Onwaar

17.

Watter EEN van die volgende velde in 'n databasistabel, wat rekords van hoërskoolleerders stoor, is die mees gepaste veld waarop 'n verstekwaarde ('default value') gestel kan word?

a)

Huistaal

b)

Van

c)

Adres

d)

Telefoonnommer

18.
'n Databasis-ontwerpeienskap ('design feature') wat 'n lys opsies skep waaruit die gebruiker kan kies wanneer data in 'n veld ingevoer word
a)
opsoekgidsprogram ('lookup wizard')
b)
toevoermasker ('input mask')
c)
navraag
19.
Watter EEN van die volgende funksies sal die getal selle in die reeks A1:A13 wat 'n waarde van 5 of meer het, bereken?
a)
=COUNTIF(A1:A13, ''<5'')
b)
=COUNTIF(A1:A13, ''>5'')
c)
=COUNTIF(A1:A13, ''>=5'')
d)
=COUNTIF(A1:A13, ''<>5'')
20.
Die korrekte sigbladfunksie om die tweede vinnigste tyd te bepaal wat deur 'n groep 100 meter-kortafstandatlete gehardloop is, is die SMALL-funksie
a)
Waar
b)
Onwaar