wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Idiome

Total questions: 69

Worksheet time: 31mins

Name
Class
Date
1.

VOLTOOI: Hy het ______ vingers. Hy het die brood gesteel.

a)

lang

b)

kort

c)

dik

2.

VOLTOOI: Ek het 'n appeltjie met jou te skil. Ons moet 'n ________ saak bespreek.

a)

goeie

b)

hartseer

c)

moeilike

3.
VOLTOOI: Daar is 'n _____ in die gras. Iets is fout.
a)
gogga
b)
kriek
c)
slang
4.

'n Eiertjie lê beteken?

a)

Die hoender is gesond.

b)

Daar is baie eiers.

c)

Daar is kos.

d)

iets te sê hê. ( having something to say)

5.

'n nuwe besem vee skoon.. beteken?

a)

Gooi die ou een weg.

b)

Die vloer is skoon.

c)

' nuwe taak word dikwels met ywer ( enthusiasm) aangepak.

d)

moenie die vloer vee nie.

6.

'n Nuwe blaadjie omslaan ... beteken?

a)

blaai om.

b)

Ek wil gou hierdie boek klaar maak.

c)

'n Nuwe begin maak.

d)

Dit was n goeie storie.

7.

' Uiltje knip... beteken?

a)

'n Uil dood maak.

b)

'n Kort rukkie slaap.

c)

' n Uiltjie in halfde sny.

8.

As die skoen pas, trek dit aan ..beteken?

a)

As iets op jou toepassing is, aanvaar die kritiek.

b)

Die skoen is te klein.

c)

Die skoen is te groot.

d)

Die skoene is nuut.

9.

Bo sy vuurmaakplek..... beteken?

a)

Hy kan nie n vuur maak nie.

b)

Die vuur was te groot.

c)

Ek hou van vuur maak.

d)

Meer as wat hy kan verstaan of doen. (Te moeilik) difficult.

10.

Deur die blare..... beteken?

a)

Hy loop deur die blare.

b)

Daar is blare op die sportsveld.

c)

Die blare waai orals.

d)

Iemand is deurmekaar. (confused)

11.

Die appel val nie ver van die boom af nie.

a)

Die kind is soos die ouer.

b)

Die appel lê naby die boom.

c)

Die appel is vrot.

d)

Die ouer is soos die kind

12.

Die spyker op die kop slaan.... beteken?

a)

Iemand seer maak.

b)

Net die regte ding sê

c)

Net die verkeerde ding sê

13.

Duim vashou.... beteken?

a)

Hoop dat iemand suksesvol sal wees.

b)

My duim is seer.

c)

My duim is gebreek.

d)

Wens iemand sal hul toets druip.

14.

Het die kat aan die stert beet... beteken?

a)

Die kat se stert trek.

b)

Die kat seer maak

c)

Die kat in die rondte swaai.

d)

Iets verkeerd aanpak.

15.

Hoog in die takke.... beteken?

a)

Vas in 'n boom sit.

b)

Te hoog opgeklim.

c)

Die tak gaan breek.

d)

Dronk!

16.

Jou sokkies optek... beteken?

a)

Jou sokkies is te groot.

b)

Jou sokkies val af.

c)

Harder werk.

d)

Jy lyk slordig.

17.

Iets uit jou duim suig.... beteken?

a)

My duim is vol bloed!

b)

My duim is seer.

c)

Stories opmaak.

18.

Nat agter die ore.....beteken

a)

Die seun het nie 'n 'handdoek nie.

b)

Oud en baie ervaring.

c)

Jonk en onervare.

d)

Die meisie val in die water.

19.

Skop die emmer.

a)

Die seun het nie die emmer gesien nie.

b)

Dit was te donker.

c)

Iemand gaan dood.

d)

Hy was dronk.

20.

Slaap soos 'n klip........ beteken?

a)

Liggies slaap

b)

Slaap vas.

c)

Slaap onder die klip.

d)

Slaap op 'n klip.

21.

Staan kop en skouers bo die ander uit...... beteken?

a)

Baie beter/ langer as die ander.

b)

Baie korter/ swakker as die ander.

c)

Sy is lui.

d)

Hy is dapper.

22.

Staan met 'n mond vol tande.....beteken?

a)

Sy tande is vrot.

b)

Hy praat baie.

c)

Sy gaan tandarts toe.

d)

Weet nie wat om te se nie.

23.

Sy oe is groter as haar maag.......beteken?

a)

Hy skep meer in as wat sy kan eet.

b)

Hy het 'n groot maag.

c)

Hy is siek.

d)

Hy skep net genoeg kos op sy bord.

24.

Voor op die wa wees......beteken?

a)

Hy bestuur die wa.

b)

Opdringerig (nosy) (intrusive)

c)

Hy wil altyd voor sit.

d)

Kalm

25.

Die spel was verskriklik maklik, dit was ...

(a)  

26.

Iemand wat bang is, is 'n

(a)  

27.

As die muis dik is, is die ..... bitter.

a)

meel

b)

pap

c)

kaas

28.

As dit ..... reën, moet jy skep.

a)

meel

b)

pap

c)

kaas

29.

As die muis dik is, is die ..... bitter.

a)

Jy moet van goeie geleenthede gebruik maak.

b)

As jy genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie

30.

As dit ..... reën, moet jy skep.

a)

Jy moet van goeie geleenthede gebruik maak.

b)

As jy genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie

31.

Elke huis het sy kruis.

a)

Jy het geen kinders of familie nie.

b)

Elke huis het sy eie probleme.

c)

Die kind aard na sy ma of pa.

32.

Nòg kind, nòg kraai hê.

a)

Jy het geen kinders of familie nie.

b)

Elke huis het sy eie probleme.

c)

Die kind aard na sy ma of pa.

33.

Die appel van nie ver van die boom nie.

a)

Jy het geen kinders of familie nie.

b)

Elke huis het sy eie probleme.

c)

Die kind aard na sy ma of pa.

34.

Van ...... skaapwagter maak.

a)

olifant

b)

leeu

c)

wolf

d)

skaap

35.

Hy is so doof soos 'n

a)

wolf

b)

kwartel

c)

uil

d)

leeu

36.

Hy is so dapper soos 'n

a)

wolf

b)

kwartel

c)

uil

d)

leeu

37.

Wees versigtig!

a)

Mooi loop!

b)

Wakker loop!

38.

Verlief raak.

a)

kalwerliefde

b)

Jou been verloor.

c)

Jou hart verloor.

39.

Jy sien niks verkeerd in iemand wat jy liefhet nie. Die liefde is

(a)  

40.
VOLTOOI: Sy _______ is afgekap. Hy kan NIKS doen om te help NIE.
a)
bene
b)
arms
c)
vingers
41.
VOLTOOI: Hy het ______ vingers. Hy het die brood gesteel.
a)
lang
b)
kort
c)
dik
42.
VOLTOOI: Dit reën katte en honde. Dit reën _______.
a)
sag
b)
hard
c)
aanhoudend
d)
gereeld
43.
VOLTOOI: Die _____ is uit die mou. Die geheim is verklap.
a)
kat
b)
hond
c)
aap
44.
VOLTOOI: Die aap is uit die mou. Die _______ is verklap.
a)
vraag
b)
antwoord
c)
geheim
45.
VOLTOOI: Dit is die alfa en die ______. Dit is die begin en die einde.
a)
omega
b)
delta
c)
gamme
46.
VOLTOOI: Ek het 'n appeltjie met jou te skil. Ons moet 'n ________ saak bespreek.
a)
goeie
b)
hartseer
c)
moeilike
47.
VOLTOOI: Sy _____ kook. Hy is baie kwaad.
a)
bloed
b)
water
c)
koffie
48.
VOLTOOI: Daar is 'n _____ in die gras. Iets is fout.
a)
gogga
b)
kriek
c)
slang
49.
VOLTOOI: In die ______ hemel wees. Baie gelukkig wees.
a)
eerste
b)
sewende
c)
tweede
50.
VOLTOOI: Die hoogste _______ vang die meeste wind. Belangrike mense word gekritiseer.
a)
bome
b)
torings
c)
geboue
51.
VOLTOOI: 'n Naald in 'n _____ soek.
a)
mishoop
b)
hooimied
c)
vullisblik
52.
VOLTOOI: Die stoute ______ aantrek. Dapper iets aanpak.
a)
baadjie
b)
jas
c)
skoene
53.
VOLTOOI: Hard met die ______ kennis maak. Hard val.
a)
sement
b)
aarde
c)
grond
54.
VOLTOOI: Agteros kom ook in die _____. Al is jy stadig, maak jy klaar.
a)
kamp
b)
plaas
c)
kraal
55.
VOLTOOI: Ja en ____ sê op alles. Saamstem met alles.
a)
nee
b)
amen
c)
miskien
56.
VOLTOOI: Bloed ____ waar dit nie kan loop nie. Jy doen meer vir jou familie as vir jou vriende.
a)
sit
b)
staan
c)
kruip
57.
VOLTOOI: 'n _____ dood aan iets hê. Iets haat.
a)
broertjie
b)
sustertjie
c)
niggie
58.
VOLTOOI: Die doodskleed het geen ____ nie. Jy kan eendag niks saamneem nie.
a)
gate
b)
sakke 
c)
goud
59.
VOLTOOI: Geld wat stom is, maak reg wat ____ is. Met geld kan jy baie doen.
a)
krom
b)
verkeerd
c)
dom
60.

Pas die idioom by die regte betekenis:

die appel val nie ver van die boom af nie

a)

Jy kry nie seer as jy val nie

b)

Die boom het goeie vrugte

c)

Die kind aard na sy pa of ma

61.

Pas die idioom by die regte betekenis

dit reën baie hard

a)

dit reën katte en honde

b)

jakkals trou met wolf se vrou

c)

dit hael

62.

Pas die regte idioom by die betekenis

hy is 'n draadsitter

a)

hy weet nie wat is reg of verkeerd nie

b)

hy kannie kant kies nie

c)

hy is met almal maats

63.

Pas die idioom by die regte betekenis

hulle stry en baklei baie

a)

soos kat en hond lewe

b)

die oorlog voer

c)

'n wolf in skaapsklere

64.

Pas die idioom by die regte betekenis

Iets is verkeerd

a)

Hy is 'n wolf in skaapsklere

b)

'n Slang in die gras

c)

Soos 'n uil op 'n kluit

65.

Pas die idioom by die regte betekenis

soos 'n uil op 'n kluit

a)

alleen wees

b)

bang wees

c)

verleë wees

66.

Pas die idioom by die regte betekenis

jy stel die die grootste skelm aan om die baas te wees

a)

'n uil op 'n kluit

b)

'n wolf in skaapsklere

c)

'n draadsitter

67.

Wanneer sȇ ons Jakkals trou met Wolf se vrou?

a)

wanneer die diere goed oor die weg kom.

b)

wanneer die man en die vrou skelms is

c)

wanneer dit reën en die son skyn

68.

Wat beteken hy loop twee rye spore?

a)

Hy ken nie die pad huis toe nie.

b)

Hy loop op en af.

c)

Hy is onder die invloed van drank.

69.

Wanneer gaan dit maar broekskeur?

a)

Wanneer die kinders speel en hulle klere skeur

b)

Wanneer dit winter is

c)

Wanneer dit swaar gaan en mense sukkel