NEW
Font size
WorksheetsGr. 5 Afrikaanse vasvra
Total questions: 30
Worksheet time: 10mins
Wat is ‘n selfstandige naamwoord?
Dit beskryf die byvoeglike naamwoord.
Dis iets wat jy kan sien, vat, voel, ruik en proe.
Dit beskryf die werkwoord.
Dis die doen-woorde.
Watter een van die woorde is nie ‘n werkwoord nie?
Sing
Het
Sleutel
Dans
Is die volgende stelling waar/vals? Die woord “Dit” is ‘n persoonlike voornaamwoord.
Waar
Onwaar/vals
Kies die onbepaalde lidwoord
‘n
Dit
Die
Hulle
Honderste is ‘n rangtelwoord
Waar
Vals
Die woord “Saterdae” is ‘n voorbeeld van bywoord van wyse.
Waar
Vals
Kies die versamelnaamwoord
Liefde
Bondel wasgoed
Modder
Beker
Die sinoniem vir perfek is volmaak.
Waar
Vals
Noem watter soort sin die volgende sin is : Maak jou bed op!
Uitroepsin
Bevelsin
Vraagsin
Stelsin
Skryf die volgende sin in die ontkennende vorm: Het jy jou bed op gemaak?
Nee, ek het nie my bed op gemaak nie.
Moenie jou bed op maak nie.
Wat beteken die idioom : Lang vingers hê
Kan alles doen
Geneig om iets te steel
Mooi hande
Goed in die tuin
Kies die korrekte lettergreep vir interessant
In-te-re-sant
In-ter-es-sant
In-te-res-sant
‘n Hemelbesem is iemand wat:
In grapperige tonele speel
Baie woelig is
Iemand is op wie jy kan vertrou
Baie lank is
Afkorting vir die woord “as gevolg van”
AGV
Agv
a.g.v.
Omarmende rym is - abba
Waar
Vals
Kies die besitlike vnw
Daar
Wanneer
Hy
Jou
Kies die attributief in die volgende sin:
Ons bly in ‘n mooi huis.
Ons
Mooi
Huis
Bly
Die vroulike naam vir ‘n perd is ‘n ooi.
Waar
Vals
Taxi in die meervoud raak taxis
Waar
Vals
Watter prent is NIE ‘n voorbeeld van ‘n voorsetsel nie?
Skryf die oortreffende trap van “lieflik” neer.
Liefliker
Lieflikste
Meer lieflik
Mees lieflik
Noem die hulpwerkwoord van tyd
Kan
Kon
Het
Mag
Wat is die intensiewe vorm van maer?
Stokmaer
Brandmaer
Paalmaer
Lynmaer
Wat is die antoniem van stroopsoet?
Alwynbitter
Asynbitter
Galbitter
Suurlemoenbitter
Die woord Afrikaans is ‘n eienaam.
Waar
Vals
Na elke sin kom daar ‘n punt.
Waar
Vals
Watter van die volgende prente is ‘n abstrakte selfstandige naamwoord?
Kies die korrekte direkte rede vir die volgende sin:
Sannie sê dat sy van skool hou.
Sannie sê dat sy van skool gehou het.
Sannie sê: “ Ek hou van skool.”
Sannie sê: “ Ek hou van skool”.
Sannie sê sy hou van skool.
Noem die onderwerp in die volgende sin:Jakkalse eet gereeld vleis.
Jakkalse
Eet
Gereeld
Vleis
Afrikaans is my gunsteling vak!
Waar
Vals
