Wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Veelkeusevrae

Total questions: 20

Worksheet time: 7mins

Name
Class
Date
1.
'n SVE ('CPU') kan maklik op 'n ... verander word.
a)
klankkaart ('sound card')
b)
hardeskyf ('hard drive')
c)
geheueskyfie ('memory chip')
d)
moederbord ('motherboard')
2.
Watter EEN van die volgende tipes sagteware stel jou in staat om 'n program uit te toets voordat jy dit koop?
a)
Gratisware ('Freeware')
b)
Kwaadwillige sagteware ('Malware')
c)
Deelware ('Shareware')
d)
Advertensieware ('Adware')
3.
Daar word na enige dokument wat op 'n rekenaar gestoor word, as 'n ...-kopie verwys
a)
harde
b)
sagte
c)
rugsteun
d)
wolk
4.
Wanneer 'n gebruiker 'n kombinasie sleutels op 'n sleutelbord druk om 'n aksie uit te voer, word dit 'n ... genoem.
a)
hiperskakel ('hyperlink')
b)
kortpad ('shortcut')
c)
funksie
d)
paragraaf
5.
'n … word benodig om na 'n gesimuleerde wêreld in 3D te kyk
a)
VR-kopstuk ('VR headset')
b)
Webkamera ('webcam')
c)
3D-drukker ('3D printer')
d)
GPS-toestel ('GPS device')
6.
'n Lêernaam wat met die lêeruitbreiding ... eindig, is 'n tipe lêer wat data in teks-alleen('text only')-formaatstoor.
a)
.exe
b)
.zip
c)
.pdf
d)
.csv
7.
'n Neiging in tegnologie wat huishoudelike toestelle toelaat om aan die internet te koppel:
a)
https
b)
VoIP
c)
IoT
d)
IM
8.
Watter EEN van die volgende opsies is NIE noodsaaklik om samewerking gedurende M-leer toe te laat NIE? Leerders ...
a)
kan in reële tyd hulle werk deel en terugvoering daaroor kry.
b)
moet oor die nodige rekenaarvaardighede beskik.
c)
kan te alle tye toegang tot die internet kry en daaraan koppel.
d)
moet die jongste duur draagbare tegnologieë hê.
9.
'n Sigbladeienskap of 'n kombinasie van eienskappe wat gebruik word om waardes of data, wat aan sekere kriteria voldoen, te vertoon, staan as ... bekend.
a)
datavalidering ('data validation')
b)
soek en selekteer ('find and select')
c)
formateer en redigeer ('format and edit')
d)
sorteer en filtreer ('sort and filter')
10.
Watter EEN van die volgende opsies sal die simbool 'A' vir 'n leerderpunt van 80 vertoon wat in sel A1 van die sigblad gevind word?
a)
= IF (A1=80, "A", "")
b)
= IF (A1=80, "", "A")
c)
= IF (A1<80, "A", "")
d)
= IF (A1>80, "A", "")
11.
Watter EEN van die volgende kriteria is in die Bedrag-veld gebruik om die rekords wat vertoon word, te selekteer?
a)
>=7 800 And <21 000
b)
>7 800 And <=21 000
c)
>=7 800 And <=21 000
d)
<=7 800 And >=21 000
12.
Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n datalimiet ('data cap')?
a)
10 GB
b)
100 Mbps
c)
512 kB
d)
2 GHz
13.
Watter EEN van die volgende is NIE 'n eienskap ('feature') van 'n databasisprogram NIE?
a)
Filter
b)
Sorteer ('Sort')
c)
Sitaat ('Citation')
d)
Groepering ('Grouping'
14.
Watter EEN van die volgende lêertipes kan NIE deur 'n sigbladprogram oopgemaak word NIE?
a)
.xls
b)
.zip
c)
.csv
d)
.txt
15.
'n Hoër resolusiebeeld beteken dat die beeld …
a)
uit meer beeldelemente ('pixels') bestaan.
b)
minder stoorspasie benodig.
c)
minder beeldelement-inligting ('pixel information') bevat.
d)
uit groter beeldelemente ('pixels') bestaan.
16.
Die gebruik van virtuele-realiteit(VR)-tegnologie kan die gebruiker bevoordeel omdat dit …
a)
gespesialiseerde en duur toerusting benodig.
b)
dalk die gebruiker teen kubermisdaad kan beskerm.
c)
meer inligting gee oor 'n plek wat besoek word.
d)
vir veiliger opleiding in gevaarlike situasies gebruik kan word.
17.
Die hoofdoel van OKH ('OCR') is om 'n dokument te skep wat ... kan word.
a)
in PDF-formaat gestoor
b)
geredigeer en geformateer
c)
as 'n prent gestoor
d)
via e-pos of IM gestuur
18.
Die sigbladfunksie NOW sal altyd die ..., vertoon
a)
datum waarop die sigblad oopgemaak word
b)
Excel-kode vir hh mm ss as tyd geformateer
c)
huidige datum-tyd as datum en tyd geformateer
d)
datum en tyd waarop die funksie ingevoer is
19.
Fopnuus ('Fake news') is wanneer …
a)
jy, sonder dat jy daarvan weet, na 'n vals webtuiste gestuur word
b)
vals en dikwels sensasionele inligting op sosiale media versprei word
c)
die bron van 'n boodskap vervals word om dit aanvaarbaar te laat voorkom
d)
iemand probeer om jou persoonlike en finansiële inligting te bekom
20.
Foutiewe sagteware bevat programfoute ('bugs') wat
a)
programme beskadig deur die manier waarop 'n rekenaar werk, te beïnvloed
b)
hulpbronne gebruik deur die kode herhaaldelik oor die programme te kopieer
c)
binne 'n wettige program wegkruip en skadelike instruksies bevat
d)
foute in die kode is wat probleme veroorsaak en dit onwerkbaar maak