Wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Onderwêreld (kontekstueel)

Total questions: 22

Worksheet time: 11mins

Name
Class
Date
1.

Wat hy voor hom sien, word die eerste snydende skreegeluid wat deur sy grootwordjare sal eggo: Sy pa se groot lyf, half oor die lessenaar gebuig, asof hy besig is om te skryf.


Wie is die "hy" waarna daar verwys word?

a)

Greg Owen

b)

Kwanele

c)

Eckardt Wilken

d)

Greg Wilken

2.

“Seker nie so erg nie. Maar wat dink jy maak ek hier? Clones, hè, almal

van ons – clones van ons pa’s. Dis wat hulle hier met ons doen, issit nie? Hulle breinspoel ons sodat

ons mooi kan glimlag, die regte dinge doen en sê.”

Wie sê hierdie woorde?

a)

Dok Pienaar

b)

Eckardt Wilken

c)

Greg Owen

d)

Die Butcher

3.

“Het jy geld by jou, Greg?” vra my ma ná ’n ruk toe ek net bly staan en na hulle kyk. Ek antwoord nie.

“Ag, vat sommer,” sê sy en haal ʼn paar note uit haar handsak. Ek steek my hand uit, al het ek dit nie

nodig nie. Daar is nog geld in my sak. Haar vingers vou om myne. Sag maar koud. “Dankie, Ma.”


Waarom gee Greg se ma vir hom geld?

a)

Hy moet gaan melk koop.

b)

Sy sakgeld is op.

c)

Sy koop sy stilswye.

d)

Geld in ruil vir ’n onuitgesproke versoek dat Greg moet bly leef.

4.

Wie is die Candlestick-maker?

a)

Dok Pienaar

b)

Mnr. Owen

c)

Die Regter

d)

Iemand wat kerse verkoop.

5.

Wat stuur Eckardt die aand voor sy verdwyning vir Greg?

a)

Sy skootrekenaar.

b)

'n Foto van sy familie.

c)

'n MMS van 'n swart hoed.

d)

'n MMS van 'n wit hoed.

6.

Wie gebruik die naam G-4ce?

a)

Eckardt

b)

Greg

c)

The Butcher

d)

TJ

7.

Waaroor het Greg en Dok Pienaar tydens die sportdag gebots?

a)

Dok Pienaar dink nie Greg is goed genoeg nie.

b)

Greg wil eerders aan sy hacking skills werk.

c)

Greg weier om die rugbywedstryd te speel omdat Eckardt verdwyn het en die skool niks daaraan doen nie.

d)

Greg speel sleg.

8.

Wat beteken: “Lux hominum vita”

a)

Lig is die lewe vir die mensdom.

b)

Lig is lewe vir die mensdom.

c)

Lig is die lewe vir die mensdom van Lawson Kollege

d)

Jou lig is die lewe vir die mensdom.

9.

Watter aanhaling pas nie by die tema van lig en donker nie?

a)

Die elfjarige seun stap “af, af met die donker gang . . .” (39)

b)

Die Trappers word in die Tonnel ingetel. Hulle stemme eggo deur die donker tonnels (61).

c)

Eckardt, die nuweling, het ’n donker kop. Sy oë kyk na Greg van onder “sy donker wenkbroue” (53).

d)

“So, min of meer die standaard high-living family tipe ding,” sê ek. “Jip, soos die res van die ouens

hier. Die clones.” p. 91

10.

"Vandag, Greg, gaan jy jou laaste hacking-les by my kry. Sorry om te sê, maar hierdie een is 'n ball breaker." Hy glimlag weer skeef, maar die glimlag val gou weg en sy gesig word hard.

In watter ruimte speel hierdie toneel af?

a)

Lawson Kollege

b)

Clarens

c)

Polisiestasie

d)

Koshuis

11.

Watter aanhaling pas nie by die tema van ryk vs armoede nie?

a)

Die meeste seuns by die skool het hul eie laptops.

b)

Greg groet Tom, die terreinbestuurder, skaars. Die minderwaardige werk maak dat Tom nie aandag

verdien nie, want sy pa sê hulle is nie “ons soort mense nie.”

c)

Ek dink dit skaars, toe skrik ek. “Clones, hè, almal van ons – clones van ons pa’s,” het Eckardt gesê. Is

hy reg?

d)

Greg se ouerhuis in die rykmansbuurt, Sandhurst, in Johannesburg, is groot en luuks.

12.

Wat is Greg se laaste hacking opdrag voor Eckardt se verdwyning?

a)

Telkom se webtuiste

b)

Hy kraak die webuiste van die aanlynwinkel.

c)

Die skool se firewall

13.

Wat is die belangrikste les wat Eckardt vir Greg geleer het oor social engineering?

a)

Vra baie vrae.

b)

Jy moet van 'n ander nommer skakel.

c)

Jy moet jou stem verander.

d)

Detail is belangrik/ As die beplannng goed is, raak die aanval maklik.

14.

Wie is Die Butcher?

a)

Dok Pienaar

b)

mnr. Owen

c)

Kwanele

d)

Die Regter

15.

Wat het met Eckardt se pa gebeur?

a)

Hy het selfdood gepleeg.

b)

Lede van Project Nursury Rhyme het hom laat vermoor.

c)

Hy leef nog.

d)

Hy is in 'n motorongeluk oorlede.

16.

Hoekom kies Eckardt juis vir Greg om te leer hack?

a)

Hy is die hoofseun.

b)

Hy is 'n goeie hacker.

c)

Hy is beskikbaar.

d)

Eckardt wou wraak neem op Greg/ sy familie vir sy pa se dood.

17.

Wat is die naam van die nagklub waar Greg, Eckardt, Nicole, Clarissa en Candy kuier?

a)

Harem

b)

Secrets and Lies

c)

Catwalk

d)

Mystics

18.

Greg het willens en wetens sy pa se aandeel in Project Nurser Rhyme aan die lig gebring.

a)

Waar

b)

Onwaar

19.

Wat was die laaste inskrywing op Eckardt se blog?

a)

"Hulle weet wie ek is."

b)

Ai, dis nou jammer."

c)

Butcher

d)

Die Regter

20.

Wie pleeg almal verraad? Jy mag meer as een kies.

a)

Dok Pienaar verraai Lawson Kollege.

b)

Rina Owen verraai haar seun wanneer sy inligting aan 'n sogenaamde "talent scout" gee wat daartoe lei dat Eckardt baie inligting rakende Greg het.

c)

John Owen verraai sy broer wanneer hy selfdood pleeg.

d)

TJ verraai vir Greg wanneer hy sy hacking geheim ontbloot.

21.

Watter soort verteller tree in die proloog en epiloog op?

a)

Eerstepersoons

b)

Derdepersoons

22.

Wie is Joan Gibs?

a)

Die skoohoof se sekretaresse.

b)

Iemand wat Greg en Eckardt bel.

c)

Sy werk by die polisie.