wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Pryslied

Total questions: 20

Worksheet time: 10mins

Name
Class
Date
1.

Nelson Mandela is op _________ as president ingehuldig.

a)

17 April 1994

b)

3 Februarie 1990

c)

10 Mei 1994

d)

27 April 1994

2.
Die pryslied is soos 'n __________ wat Nelson Mandela se karakter besing.
a)
biografie
b)
liefdeslied
c)
gebed
d)
gebed
3.
Die gedig is deur _________ geskryf.
a)
Nelson Mandela
b)
Peter Blum
c)
A.G. Visser
d)
Antjie Krog
4.

Die ANC se militêre vleuel staan bekend as ______________.

a)

COSATU

b)

Umkhonto we Sizwe

c)

ANC Jeugliga

d)

ANCYL

5.

Die ________________ is volgens hierdie gedig die "hart van die regering"

a)

parlement

b)

ANC

c)

Uniegebou

d)

verkiesing

6.
"kop en skraal skouers staan hy bo almal uit" het 'n dubbele betekenis.
a)
Hy is baie maer.
b)
Hy is lank en 'n groot leier.
c)
Hy is lankal 'n groot leier.
d)
Hy staan op iets.
7.
"houtskool en as is sy hare" is 'n voorbeeld van 'n __________.
a)
intensiewe vorm
b)
vergelyking
c)
metafoor
d)
oordrywing
8.
"die sleepsel van sy blare lê wyd" verduidelik dat sy ___________.
a)
takke laag sleep
b)
invloed groot was
c)
boom se blare dood is
d)
boom besig is om te vergaan
9.
Umkhonto we Sizwe beteken _______________.
a)
spies van die nasie
b)
getrokke tak
c)
reg vir veg
d)
ons sal veg
10.

Nelson Mandela se "vlesige palmkussings" is 'n bewys dat hy __________.

a)

'n dun vel gehad het

b)

sagte hande gehad het en sagmoedig was

c)

stukkende handpalms gehad het

d)

hard gewerk het

11.

"houtskool en as is sy hare" verwys na Nelson Mandela se _______.

a)

hare wat vol stof was

b)

hare wat vol houtskool was

c)

dowwe hare

d)

grys hare

12.

die sandkleurige seun van uNosekeni

a)

s-assonansie

b)

s-alliterasie

c)

herhaling

d)

binnerym

13.
Nelson Mandela was die seun van __________________
a)
die Thembu-stam
b)
Rolihlahla
c)
iNqunu
d)
uNosekeni
14.
"hy wat nie lag nie en nie huil nie" bewys dat hy altyd ________ was.
a)
kwaad
b)
ongelukkig
c)
waardig
d)
hartseer
15.
Rolihlahla beteken ___________.
a)
tak wat getrek word
b)
vader van die nasies
c)
die een wat wen
d)
kind van die nasie
16.

_______________ word gebruik om sy goeie eienskappe te beskryf.

a)

herhaling

b)

metafore

c)

elisie

d)

ellips

17.
Volgens die digter kan 'n nasie net groei as daar ________ is.
a)
oorlog
b)
onenigheid
c)
vrede
d)
geluk
18.

Met "hy draai ons na mekaar toe vir mekaar" word geïmpliseer dat hy mense ______.

a)

kwaad gemaak het

b)

met ander oë na mekaar laat kyk het

c)

ontstel het

d)

gedwing het om te draai

19.

"hy maak die pante bymekaar/van 'n verskeurde land" impliseer dat die mense in die land __________ was.

a)

ontsteld

b)

moeg

c)

verdeeld

d)

gesny

20.

Hy word die pimpernel genoem, want _____.

a)

hy wou nie luister nie

b)

hy het die polisie gereeld ontduik

c)

hy was swart

d)

want hy was in die tronk