wayground logo

Free Printable Worksheets

NEW

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Lydende en bedrywend vorm

Total questions: 10

Worksheet time: 8mins

Name
Class
Date
1.

Jy bepaal heel eerste in watter tyd die sin geskryf is.


As dit verlede tyd is, gebruik jy...

a)

is

b)

word

c)

was

d)

sal word

2.

Jou tweede stap is om...

a)

die sin te lees.

b)

die sin te verstaan

c)

die sin te ontleed.

d)

die gesegde te bepaal.

3.

Stap drie om ‘n sin na die lydende vorm oor te sit, is ...

a)

sit is, word of sal word in.

b)

haal is, word of sal word uit.

c)

ruil die onderwerp en voorwerp om.

d)

om te kyk na die woordorde.

4.

Die woordorde van ‘n sin in die bedrywende vorm is ...

a)

onderwerp,gesegde, bywoord van tyd, voorwerp, bywoord van manier, bywoord van plek

b)

onderwerp,gesegde, , voorwerp, bywoord van tyd, bywoord van manier, bywoord van plek.

c)

onderwerp,gesegde, bywoord van tyd, voorwerp, bywoord van plek , bywoord van manier.

d)

onderwerp,gesegde, bywoord van manier voorwerp, bywoord van plek, bywoord van tyd

5.

Die woordorde van ‘n sin in die lydende vorm is ...

a)

voorwerp, hulpwerkwoord, deur, onderwerp, bywoord van tyd, bywoord van manier, bywoord van plek, werkwoord.

b)

voorwerp,hulpwerkwoord, bywoord van tyd, deur, onderwerp, bywoord van plek., bywoord van manier, werkwoord.

c)

voorwerp,hulpwerkwoord, bywoord van tyd, deur, onderwerp,bywoord van manier, bywoord van plek, werkwoord.

d)

voorwerp, hulpwerkwoord, deur, onderwerp, bywoord van manier, byword van tyd, bywoord van plek, werkwoord.

6.

Skryf die volgende sin in die lydende vorm:

Hulle het dikwels die kelner van die restaurant na die tafel geroep.

a)

Die kelner van die restaurant is dikwels deur hulle na die tafel geroep.

b)

Die kelner van die restaurant is deur hulle dikwels na die tafel geroep.

c)

Die kelner van die restaurant word dikwels deur hulle na die tafel geroep.

d)

Die kelner van die restaurant word deur hulle dikwels na die tafel geroep..

7.

Skryf die volgende sin in die lydende vorm:


Die kinders slaap rustig in die aand.

a)

Daar word deur die kinders in die aand rustig geslaap.

b)

Daar is deur die kinders rustig in die aand geslaap.

c)

Daar word deur die kinders rustig in die aand geslaap.

d)

Rustig word daar deur die kinders geslaap.

8.

Skryf die volgende in die bedrywende vorm:


Die aandete is gister deur Babsie lelik in die kombuis verbrand.

a)

Babsie verbrand gister die aandete lelik in die kombuis.

b)

Babsie het gister die aandete lelik in die kombuis verbrand.

c)

Babsie het die aandete gister lelik in die kombuis verbrand.

d)

Babsie het gister die aandete in die kombuis lelik verbrand.

9.

Skryf die volgende in die bedrywende vorm:

Die redes vir alkoholmisbruik word deur navorsing uitgewys.

a)

Navorsing het die redes vir alkoholmisbruik uitgewys.

b)

Navorsing sal die redes vir alkoholmisbruik uitwys.

c)

Navorsing wys die redes vir alkoholmisbruik uit.

d)

Alkoholmisbruik se redes is uitgewys.

10.

Skryf die volgende in die bedrywende vorm:


Kinders moet daagliks met ’n lekkerny tuis bederf word.

a)

Julle/Ouers/Onderwysers moet kinders daagliks met ‘n lekkerny tuis bederf.

b)

Daagliks moet julle/ouers/onderwysers kinders met ‘n lekkerny tuis bederf.

c)

Julle/Ouers/Onderwysers moet daagliks kinders met ‘n lekkerny tuis bederf.

d)

Julle/Ouers/Onderwysers moet kinders met ‘n lekkerny tuis daagliks bederf.