wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Afrikaans revision

Total questions: 20

Worksheet time: 10mins

Name
Class
Date
1.

Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies: Die (nuut) outjie hardloop ń ent voor die groep seuns.

a)

nuwwe

b)

nutte

c)

nute

d)

nuwe

2.

Skryf oor in meervoud: Op sy gesig is ń teken van lekkerkry.

a)

Op hulle gessige is tekene van lekkerkry.

b)

Op hulle gesigte is tekene van lekkerkry.

c)

Op hulle gesigte is tekens van lekkerkry.

d)

Op hulle gesigte is tekens van lekkerkrye.

3.

Gee die verkleining van die woorde tussen hakies: Die nuwe (ou) hardloop op (bene) van staal.

a)

oukie

b)

outjie

c)

benetjies

d)

beentjies

4.

Skryf in die verlede tyd: Ruan moet om die veld hardloop.

a)

Ruan het om die veld gehardloop.

b)

Ruan moet om die veld gehardloop.

c)

Ruan moes om die veld hardloop.

5.

Skryf die sin oor in die lydende vorm: Mnr Retief blaas die fluitjie.

a)

Die fluitjie word deur Mnr Retief geblaas.

b)

Die fluitjie is deur Mnr Retief geblaas.

c)

Die fluitjie sal deur Mnr Retief geblaas word.

6.

Skryf die stelsin oor as ń bevelsin. Die seuns hardloop om die veld.

a)

Hardloop die seuns om die veld?

b)

Hardloop om die veld, seuns!

c)

Julle moet om die veld hardloop.

d)

Hardloop asseblief om die veld, seuns.

7.

Soek die bywoord van plek in die sin: "... julle bananaskille in die slootjie gegooi het"

a)

julle

b)

bananaskille

c)

in

d)

in die slootjie

e)

gegooi

8.

Skryf die sin oor in die indirekte rede: " Ek is ook belangrik," sê die digter.

a)

Die digter sê dat ek is ook belangrik.

b)

Die digter sê dat hy is ook belangrik.

c)

Die digter sê dat ek ook belangrik is.

d)

Die digter sê dat hy ook belangrik is.

9.

Soek die eiename in die sin: Hy sê Ruan gaan vir Dik Daan gedurende pouse vasvat.

a)

Hy

b)

Ruan

c)

Dik Daan

d)

pouse

10.

Skryf oor in die meervoud: Die geldgat gooi sy bottel en blik in die sloot.

a)

Die geldgats gooi hulle bottels en bliks in die sloots.

b)

Die geldgatte gooi hulle bottele en blikke in die slote.

c)

Die geldgatte gooi hulle bottels en blikke in die sloots.

d)

Die geldgatte gooi hulle bottels en blikke in die slote.

11.

Gee die vroulike vorm van die woorde tussen hakies: Die (akteur) speel die rol van ń (koning) in die nuwe film.

a)

akteurisse

b)

aktrise

c)

koninge

d)

konining

12.

Watter woord is die hoofwerkwoord? Antjie Somers het hom dikwels as ń vrou aangetrek.

a)

het

b)

dikwels

c)

vrou

d)

aangetrek

13.

Watter woord is die hulpwerkwoord? Jy sal nog spyt wees oor jou woorde.

a)

Jy

b)

sal

c)

nog

d)

wees

14.

Herskryf die sin in die indirekte rede: “Ek is nie bang vir Antjie Somers nie!” sê Susan.

a)

Susan sê dat sy nie bang vir Antjie Somers is nie.

b)

Susan sê dat ek nie bang vir Antjie Somers is nie.

c)

Susan sê sy is nie bang vir Antjie Somers.

d)

Susan sê dat sy is nie bang vir Antjie Somers.

15.

Watter woord in die volgende sin is ń bepaalde lidwoord? Hy het die ouvrou gevra om ń plaashek oop te maak.

a)

Hy

b)

het

c)

die

d)

ń

16.

Watter woord in die sin is ń onbepaalde lidwoord? Antjie soek ń rok tussen al die gemors.

a)

soek

b)

ń

c)

al

d)

die

17.

Skryf die sin oor in die lydende vorm. Antjie het al sy goed in ń bondeltjie gepak.

a)

Al sy goed is deur Antjie in ń bondeltjie gepak.

b)

Al sy goed word deur Antjie in ń bondeltjie gepak.

c)

Al sy goed sal deur Antjie in ń bondeltjie gepak word.

18.

Skryf die woorde in hakies oor in die meervoud. Antjie het uit die donker (gat), die (tronksel), in die ou (Kasteel) ontsnap.

a)

gate, tronkselle, kastele

b)

gatte, tronkselle, kastele

c)

gate, tronkselle, kasteels

d)

gatte, tronkselle, kasteels

19.

Watter deel van die sin is die onderwerp? Die skelm het orals in die Kaap geplunder, geroof en gemoor.

a)

skelm

b)

Die skelm

c)

orals

d)

in die Kaap

20.

Skryf oor in die ontkennende vorm. Hy het altyd ń doek om sy mond gebind.

a)

Hy het nie altyd ń doek om sy mond gebind nie.

b)

Hy het nooit ń doek om sy mond gebind nie.

c)

Hy het nie altyd ń doek om sy mond gebind.