Wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Graad 5 -Getalbegrip en woordsomme. DEEL 2 (16 Mei -22 Mei)

Total questions: 25

Worksheet time: 1hrs 4mins

Name
Class
Date
1.

Watter getal word hier voorgestel?

6 x 10 + 2 x 10 x 10 + 4 x 10 x10 x10 x10

=

(2 min)

a)

4260

b)

4620

c)

40 260

d)

42 650

2.

Rond die volgende getal af tot die naaste 1000:


81 967


(1 min)

a)

100 000

b)

81 000

c)

81 900

d)

82 000

3.

Voltooi die volgende getalpatroon:


______ ; _______ ; 120 ; 60 ; 30


( 2 min)

a)

480 ; 240

b)

200 ;150

c)

280 ; 140

d)

300, 180

4.

100 x 20 = 2 x (a)  


( 1 min)

5.

Voltooi:

(a)    ÷\div  60 = 3

( 1 min)

6.

Voltooi:


Halveer die produk 8 en 8.


(2 min)

(a)  

7.

Voltooi:


Verdubbel die kwosiënt van 480 en 10.


( 2 min)

(a)  

8.

Wat is die waarde van die onderstreepte getal?


340 732


( 1 min)

a)

4 x 1000

b)

400

c)

40 x 10

d)

40 x 1000

9.

Bereken:

113 850  ÷\div  18 =

Langdeel metode asb!

(5 min)

a)

1 587

b)

3 974

c)

6 325

d)

8 214

10.

Rangskik in stygende orde:


2 304 ; 2 982 ; 2 345 ; 271 ; 2 097.


( 2 min)

a)

271 ; 2 304 ; 2 097 ; 2 345 ; 2 982

b)

271 ; 2 097 ; 2 304 ; 2 345 ; 2 982

c)

271 ; 2 097 ; 2 304 ; 2 982 ; 2 345

d)

2 982 ; 2 345 ; 2 304 ; 2 097 ; 271

11.

Gee die plekwaarde van die onderstreepte syfer.


1 556 857


( 1 min)

a)

50 000

b)

5 HD

c)

Tienduisende

d)

5 D

12.

Wat is die enigste heelgetal tussen een en tien wat NIE presies in 360 in deel nie?


( Amesa)


(2 min)

a)

4

b)

6

c)

7

d)

8

e)

9

13.

40 Kinders is gevra of hulle van sjokolade hou. 4 leerlinge het geen opinie nie. Die res is verdeel in 2 gelyke groepe waarvan die een groep van sjokolade hou en die ander groep nie. Hoeveel kinders hou van sjokolade?


(AMESA)


(2 min)

(a)  

14.

Halima lees 'n boek. Hoofstuk 7 begin op bladsy 246 en eindig op bladsy 274. Hoeveel bladsye is daar in hoofstuk 7?


( AMESA)


( 3 min)

a)

29

b)

30

c)

24

d)

28

15.

Wat is die volgende getal in hierdie getalpatroon?


6,8 ; 3,4 ; 1,7 ; .........


( 2 min )

a)

0,85

b)

0,35

c)

1,35

d)

0,9

16.

AW is besig met ’n berekening op sy sakrekenaar.

Hy vermenigvuldig toe per ongeluk met 10 toe hy

moes deel deur 10. Die sakrekenaar antwoord is

9000. Wat is die korrekte antwoord vir Joe se

berekening?


( AMESA)

(2 min)

a)

90 000

b)

900

c)

90

d)

9

e)

0,9

17.

Die som van die drie syfers van ’n driesyfergetal is 25. Hoeveel sulke driesyfergetalle is daar?


Wenk: begin by getal 999.


( 5 min )

a)

10

b)

9

c)

6

d)

3

18.

Die ouers by die skool bak koeke vir die bazaar. Hulle besluit hulle sal elke dag 2 keer meer koeke bak as die vorige dag. Op die eerste dag bak hulle 4 koeke. Hoeveel koeke sal hulle op dag 4de en dag 5de bak?


( 3 min)

a)

34, 68

b)

16, 32

c)

32, 64

d)

64 ,128

19.

Petro en haar gesin beplan ‘n vakansie na die Kruger Wildtuin. Hulle reisplan is soos volg:

· Vanaf Kaapstad tot Beaufort-Wes (553km)

· Vanaf Beaufort Wes na Bloemfontein (600km)

· Vanaf Bloemfontein na Pretoria (800km)

· Vanaf Pretoria na Kruger Wildtuin (487km)


Wat is die totale afstand van die reis daarheen en terug?


Doen vertikale kolommetode vir berekening.


( 5 min)

a)

4 088 km

b)

2 440 km

c)

4 808 km

d)

4 880 km

20.

’n Groep vrywilligers het 2 474 pakke skryfbehoeftes namens die Nelson Mandela-stigting voorberei om gelyk onder 22 skole verdeel te word.


Hoeveel pakke sal elke skool kry?


( 5 min)

a)

54 428

b)

112

c)

102

d)

1 022

21.

 In graad 5 is daar 180 leerders. 25\frac{2}{5}  is seuns.  35\frac{3}{5} is dogters. 

Hoeveel seuns is daar?

(skryf antwoord in syfers)

(3 min)

(a)  

22.

 In graad 5 is daar 180 leerders.  25\frac{2}{5}  is seuns.   35\frac{3}{5}   is dogters. Hoeveel seuns is daar?

Die graad 5's  is slegs 'n kwart van die leerdergetal van die hele skool. 

Hoeveel leerders is in die skool?

(skryf antwoord in syfers)

( 3 min)

(a)  

23.

Tahnique en Karen het altesaam 1 567 koekies gebak. As Karen 576 van hierdie koekies gebak het, hoeveel het Tahnique gebak?


( 3 min)


( skryf antwoord in syfers)

(a)  

24.

Pappa John se motor het ‘n tenk met ‘n kapasiteit van 55 liter. Nadat hy die motor vol petrol gemaak het sien hy dat hy 34 liter petrol ingegooi het. Hoeveel petrol was in die tenk?


( 3 min)

a)

21 liter

b)

89 liter

c)

11 liter

d)

nie een van die antwoorde

25.

Seun A staan agter seun B. Seun B staan voor seun C en seun D staan agter seun A. Wie staan voor in die ry?


( 3 min)

a)

C

b)

A

c)

D

d)

B