Font size
WorksheetsSosiale Studies Gr.6 Tropiese reënwoude
Total questions: 35
Worksheet time: 29mins
Merk al die moontlikhede wat die ligging van tropiese reënwoude aandui.
weerskante van die ewenaar
tussen die Poolstreke
langs die Greenwichmediaan
tussen die Steenboks- en Kreefskeerkringe
Letter A op die skets dui die ____________ aan.
Kreefskeerkring
Ewenaar
Greenwichmediaan
Steenbokskeerkring
Letter C op die skets dui die ____________ aan.
Kreefskeerkring
Ewenaar
Greenwichmediaan
Steenbokskeerkring
Die Amasone is geleë in die noorde van watter vasteland?
Noord-Amerika
Suid-Amerika
Afrika
Australië
Die volgende is eienskappe van tropiese reënwoude se klimaat:
nat en warm
klein temperatuurspeling
temperature tussen 20 en 30 grade Celsius
baie hoë en lae temperature
nat en droë maande wissel mekaar af
Die klimaat rondom die ewenaar is nat en warm, want...
die sonstrale skyn loodreg van bo (90 grade)
die aarde is daar die naaste aan die son
warm lug styg op weens verdamping van watermassas
Klam lug kondenseer en vorm aanhoudende reën
Waarom is doe klimaat in tropiese reënwoude ideaal vir goeie plantegroei?
die plante word gereeld deur die diere gesnoei
daar is genoeg sonlig en water
lug is humied
die bome verloor nie hul blare nie
"Humied" beteken...
plante kom van nature daar voor
mense woon graag daar
bedompig en nat
plante is immergroen
Deur watter letter word die uitgroeiers voorgestel?
A
B
C
D
Die onderbos word deur __________ voorgestel?
A
B
C
D
Gorillas maak blaarneste in _______________.
A
B
C
D
Die meeste van die hoogste bome en rankplante word die (a) genoem.
Die (a) kry die minste son en daar groei hoofsaaklik mosse en swamme.
Hoe is plante se blare in reënwoude aangepas om te verhoed dat alge op blare groei?
blare is groot om baie son op te vang
bedek met 'n wasagtige lagie dat water maklik afloop
groot gate in blare vir water om deur te val
blare waai maklik in die wind
blare het 'n skerp punt wat water aflei
Massiewe wortels wat uit die stam groei en bome regop hou.
(a)
Hoe oorkom bekerplante die probleem dat baie reën voedingstowwe uit die grond was?
Die blomme is helderkleurig met soet nektar wat insekte lok.
Blomme is groot en laag op die grond.
Blomme het diep kelke met gladde rande.
Die insekte word ontbind deur verteringsappe
Blomme vang water op as dit reën.
Hierdie voël het 'n lang, groot snawel om vrugte af te sny.
Tapir
Lemur
Toekan
Hoe is hierdie diertjie aangpas om in die woude te oorleef?
Sy rug is krom dat die water maklik afloop
Hy vang insekte met sy lang, klewerige tong wat ver uitskiet.
Hy is vriendelik.
Hy verander van kleur om hom te kamoefleer.
Hoe beskerm die gifpylpadda homself?
Hy spring vinnig weg.
Hy verander van kleur.
Hy skei 'n giftige stof deur sy vel af.
Hy slaap baie.
Sjimpansees bou blaarneste....
op die woudvloer.
in die onderbos.
in die blaredag se bome.
Blare en vrugte is hierdie diertjie se voedselbron.
Tapir
Streepstertlemur
Toekan
Luidier
Woon in donker, klam plekke en leef van wurms, insekte en spinnekoppe.
(a)
Die tapir dra by tot die plantegroei se voortbestaan. Hoe?
Hy eet baie blare en vrugte.
Hy eet blare wat min voedingswaarde het.
Hy skei sade uit wat weer groei.
Hy sny vrugte van bome af met sy lang bek.
Die tapir het 'n lang, slurpagtige bek. Hoekom?
Om sy vyande beter te kan ruik.
Om gras en blare oop te maak wanneer hy kos soek.
Om die reënwater te kan opslurp.
Om hom te help kamoefleer.
Wat word die tempo waarteen die liggaam energie gebruik genoem.
(a)
Al die plante en diere wat in 'n gebied voorkom.
metabolisme
biodiversiteit
aanpasbaarheid
voedingswaarde
Reënwoude het 'n hoë biodiversiteit.
Waar
Vals
Die afkap van bome uit bosse en woude word (a) genoem.
Bome en bosse is belangrik in die natuur, want....
dit word gebruik om vuur te maak.
dit verskaf kos en blyplek of skuiling.
dit word gebruik om medisyne te maak.
dit is 'n bron van inkomste wanneer hout verkoop word.
dit produseer suurstof.
Redes vir ontbossing sluit in:
Houtkappery
Die olifante stoot dit om.
Ontwikkeling van paaie en stede
Om myne en boerdery te vestig.
Lugbesoedeling laat bome doodgaan.
Op watter manier(e) hou bome die natuur in balans?
Dit suiwer die lug van koolsuurgas en plaas suurstof terug.
Daar is groot en klein bome.
Dit koel die lug af en help teen aardverwarming.
DIt bied skuiling vir groot en klein diertjies.
Die wortels van bome speel 'n waardevolle rol deurdat
dit die grond vashou dat dit nie wegspoel tydens reënbuie nie.
dit waterverlies in die grond verminder.
dit die grond rondom die stamme oplig.
dit klimplek vir die sjimpansees bied.
Merk twee maniere om ontbossing te keer.
Verklaar dele as natuurreservate.
Kap net die dikste takke af.
Plant baie nuwe bome.
Eet minder vrugte
Die alge op hierdie diertjie se rug help om hom te kamoefleer.
Lemur
Tapir
Luidier
Sjimpansee
Die luidier het 'n stadige metabolisme en gebruik baie min energie. Hoe?
Hy slaap die grootste deel van die dag.
Hy beweeg baie stadig.
Alge wat op sy rug groei, gee vir hom ekstra energie.
Hy eet blare wat min voedingswaarde het.
