wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Geslag, Meervoude, Verkleinwoorde, Samestellings, Persoonsna

Total questions: 25

Worksheet time: 25mins

Name
Class
Date
1.

Gee die teenoorgestelde geslag vir die vetgedrukte woord.

Dalk wil jy ʼn onderwyser, ʼn dokter of ʼn oorspesialis word.

(a)  

2.

Gee die teenoorgestelde geslag van die vetgedrukte woord.

In 1966 het Miriam Makeba as sanger ʼn Grammy vir die beste folk-opname ontvang.

(a)  

3.

Gee die TEENOORGESTELDE GESLAG van die onderstreepte woord.

Elke skrywer van die Vrouelandbou-unie wil soos C Louis Leipoldt wees.

(a)  

4.

Gee die TEENOORGESTELDE GESLAG van die onderstreepte woord in die sin hieronder. Die koei is wit met grys kolle.

(a)  

5.

Gee die meervoud van die vetgedrukte woord.

Hierdie selfoon is doodgewoon.

(a)  

6.

Gee die MEERVOUD van die vetgedrukte woord.

Susan, wat dink jy van sulke boodskap?

(a)  

7.

Gee die MEERVOUD van die vetgedrukte woord.

Die gebruik van telefoon kan lewens red.

(a)  

8.

Gee die meervoud van die WOORD tussen hakies.

Jy kry klere vir alle (sportsoort).

(a)  

9.

Gee die verkleinwoord van die woord tussen hakies:

Hoe weet jy die (skilpad) is ʼn alkoholis?

(a)  

10.

Gee die verkleining van die vetgedrukte woord.

Dit is ʼn apparaat om jou op te spoor.

(a)  

11.

Gee die VERKLEININGSVORM van die vetgedrukte woord.

Geniet groot avonture op die pad na jou volgende bestemming.

(a)  

12.

Gee die VERKLEINWOORD van die vetgedrukte woord.

Moenie kortpad deur ʼn verlate plek loop nie.

(a)  

13.

Gee die VERKLEINWOORD van die onderstreepte woord.

‘n Baie opvallende eienskap van hoenders is die vlesige kamme en belle aan hulle koppe.

(a)  

14.

Vorm ʼn samestelling van die woorde tussen hakies.

Jy moet al in jou (kind + jare) na jou vel begin kyk.

(a)  

15.

Vorm ʼn samestelling van die woorde tussen hakies.

Miriam Makeba se nuwe album (wat + met) sy spog, is gewild.

(a)  

16.

Vorm ʼn SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

ʼn Rugbywedstryd is lekker (gesin + vermaak).

(a)  

17.

Vorm ʼn SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

Slim mense verkies die (stad + lewe).

(a)  

18.

Gee die SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

Met die wegbreekjaar kan jy vriendskappe opbou wat (lewe + lank) sal hou.

(a)  

19.

Vorm ‘n SAMESTELLING van die woorde tussen die hakies.

Die (liggaam+temperatuur) word dus d.m.v die aanhangsels gereguleer.

(a)  

20.

Vorm ‘n SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

Hy koop toebroodjies vir (eet + tyd).

(a)  

21.

VERBIND die WOORD tussen hakies.

Daar is vervoermiddels vir (avontuur + reise).

(a)  

22.

Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.

Die (Suid-Afrika), Chris Barnard, het die wêreld se eerste hart oorgeplant.

(a)  

23.

Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

Die (persoon wat vir die koerant oor die wedstryd skryf) sit langs die veld.

(a)  

24.

Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

Moenie drankies en kos aanvaar van (mense wat jy nie ken nie) nie.

(a)  

25.

Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies:

Die man en vrou is die seun se (pa en ma).

(a)