wayground logo

Free Printable Worksheets

NEW

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Akademiese inleidingsparagraaf

Total questions: 10

Worksheet time: 6mins

Name
Class
Date
1.

'n Goeie inleiding

a)

is 'n opsomming van die werkstuk wat volg.

b)

dui die belang en die fokus van die werkstuk aan.

c)

moet 'n interessante aanhaling bevat.

d)

bestaan altyd uit meer as een paragraaf.

2.

'n Gemiddelde inleidingsparagraaf is:

a)

meer as 20% van 'n teks.

b)

minder as 5% van 'n teks.

c)

om en by 10% van 'n teks.

d)

30% van 'n teks.

3.

Die eerste komponent wat in 'n inleidingsparagraaf moet verskyn, is:

a)

Agtergrondinligting

b)

Tesisstelling

c)

Doelaanduiding

d)

Rigtingaanduiding

4.

Die rigtingaanduiding in 'n inleidingsparagraaf...

a)

verwoord die wyse waarop die tema of argument in die middeldeel van die teks uitgebou gaan word.

b)

is 'n verpligte komponent in alle inleidingsparagrawe.

c)

sê watter roete jy moet ry.

d)

is altyd die eerste komponent in 'n inleidingsparagraaf want dit skets die agtergrond van die teks.

5.

Agtergrondinligting dui die

a)

belang van die tema aan.

b)

fokus van die teks aan.

c)

struktuur van die teks aan.

d)

standpunt wat ingeneem word aan.

6.

Die tesisstelling dui die

a)

belang van die tema aan.

b)

fokus van die teks aan.

c)

struktuur van die teks aan.

d)

standpunt wat ingeneem word aan.

7.

By hierdie komponent in die inleidingsparagraaf moet jy van akademiese bronne se argumente gebruik maak.

a)

Agtergrondinligting

b)

Doelaanduiding

c)

Tesisstelling

d)

Rigtingaanduiding

8.

Kies die stelling wat nie korrek is nie. 

a)

'n Tesisstelling kan 'n vraagsin wees.

b)

'n Tesisstelling bestaan uit 'n onderwerp en kommentaar oor die onderwerp.

c)

'n Tesisstelling is 'n stelling waarmee ander mense kan saamstem of verskil.

d)

'n Tesisstelling kan ook 'n standpuntstelling genoem word.

9.

'n Kenmerk van 'n doelaanduiding is dat dit...

a)

in die teenwoordige tyd geskryf word.

b)

informele woordeskat kan insluit.

c)

in die toekomende tyd geskryf word.

d)

inligting uit bronne moet bevat.

10.

Hierdie sin in 'n inleidingsparagraaf verwoord altyd die tema van die teks in geheel, maar ook die aspek waarop daar uitgebrei gaan word ten opsigte van die tema. Dit verwoord met ander woorde die standpunt wat ingeneem gaan word in die teks.

a)

Tesisstelling

b)

Doelaanduiding

c)

Rigtingaanduiding

d)

Agtergrondinligting