wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Algemene taalkennis

Total questions: 20

Worksheet time: 13mins

Name
Class
Date
1.

Maak die spelfoute reg:

Ek hou van my vriendin, want sy is altyd stroomop.

(a)  

2.

Maak die spelfout reg:

Drie hoeras vir die oulikste oumas!

(a)  

3.

Maak die spelfout reg:

Sommige vriende is soos spieels terwyl ander net finansieel afhanklik is.

(a)  

4.

Benoem die woordsoorte van die onderstreepte woorde:

Ek het 'n tros druiwe van die prieel gepluk.

a)

eienaam, versamelnaam, massanaam

b)

persoonlike voornaamwoord, versamelnaam, soortnaam

c)

persoonlike voornaamwoord, eienaam, predikatiewe byvoeglike naamwoord

d)

eienaam, versamelnaam, bywoord van plek

5.

Benoem die woordsoorte van die onderstreepte woorde:

Waarheen moet ons dit neem?

a)

Vraende voornaamwoord, onbepaalde lidwoord

b)

Vraagwoord, onpersoonlike voornaamwoord

c)

Vraende voornaamwoord, onbepaalde voornaamwoord

d)

Vraende voornaamwoord, soortnaam

6.

Benoem die onderstreepte woordsoorte:

Dit is die mooiste kat wat ek al hier gesien het.

a)

Attributiewe byvoeglike naamwoord, vraende voornaamwoord, bywoord van wyse

b)

attributiewe byvoeglike naamwoord, vraende voornaamwoord, bywoord van plek

c)

Predikatiewe byvoeglike naamwoord, betreklike voornaamwoord, bywoord van plek

d)

attributiewe byvoeglike naamwoord, betreklike voornaamwoord, bywoord van plek

7.

Gee een woord vir die beskrywing in hakies:

Dit lyk baie opwindend om 'n (persoon wat op avonture gaan) te wees.

(a)  

8.

Gee een woord vir die beskrywing in hakies:

Sandra wil graag 'n (kenner van insekte) word.

(a)  

9.

Die notas wat tydens 'n vergadering geneem word, word 'n ______ genoem.

a)

Agenda

b)

Nota

c)

Notule

d)

skrywe

10.

Vorm 'n persoonsnaam van die woord "aanhang"

(a)  

11.

Waarvoor staan die afkorting "BTW"?

a)

Baie Tannies drink Wyn

b)

Belasting op Toegevoegde Waarde

c)

Betrek Toeriste Weekliks

d)

Bevat Toksiese Walms

12.

Wat word 'n persoon wat in Australië woon, genoem?

a)

Australianer

b)

Australiër

c)

Aussie

d)

Australander

13.

"Die bobbejane skree boggom."

"boggom"is 'n voorbeeld van...

a)

Polisindeton

b)

Alliterasie

c)

Onomatopee

d)

Pleonasme

14.

Gee die versamelnaam:

'n ______ gedigte

a)

bundel

b)

boek

c)

hoop

d)

klompie

15.

Gee die versamelnaam:

'n _____ beskuit

a)

magdom

b)

blik

c)

baksel

d)

bak

16.

Gee die versamelnaam:

'n ____ vliegtuie

a)

vlug

b)

Lugmag

c)

Vloot

d)

Eskader

17.

Gee die versamelnaam:

'n _____ miere.

a)

versameling

b)

batteljon

c)

kolonie

d)

miershoop

18.

Wat beteken die idioom "die doodskleed het nie sakke nie"?

a)

Jy moet 'n tas pak voor jy doodgaan.

b)

Die klere wat hulle vir dooies aantrek, het nie sakke nie.

c)

Jy kan nie aardse besittings saam met jou neem as jy sterf nie.

d)

Dooie mense kan nie dinge besit nie.

19.

Wat is die idiomatiese benaming vir iemand wat baie vryerig is?

a)

blinkoog

b)

Liefie

c)

vryer

d)

speler

20.

Die idiomatiese benaming vir iemand wat baie lekker eet is:

a)

Smulpaap

b)

Vraat

c)

smulkous

d)

kou-knaap