Wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

FisWet 11 - Newton1,2&3

Total questions: 18

Worksheet time: 18mins

Name
Class
Date
1.

Indien die resulterende (netto) krag wat op 'n voorwerp inwerk nul is, sal die

voorwerp ...

a)

stadiger beweeg.

b)

uniform versnel.

c)

sy rigting van beweging verander.

d)

teen konstante snelheid voortbeweeg.

2.

'n Grafiek van die gravitasiekrag teenoor die massa van 'n voorwerp word

hierbo aangetoon.

Watter EEN van die volgende is die KORREKTE voorstelling van die helling

van die grafiek?

a)

Snelheid van die voorwerp

b)

Gewig van die voorwerp.

c)

Gravitasieversnelling (g)

d)

Universele gravitasiekonstante (G)

3.

'n Netto krag, F, word op 'n voorwerp met massa m kg toegepas en veroorsaak 'n versnelling van a m∙s-2. Wanneer die netto krag, F, op dieselfde voorwerp verdubbel word, sal die gevolglike versnelling, in m∙s-2, ... wees.

a)

a

b)

3/2 a

c)

2a

d)

3a

4.

'n Persoon staan op 'n badkamerskaal in 'n stilstaande hysbak. Die lesing op die skaal is 490 N. Wanneer die hysbak beweeg, verander die lesing op die skaal na 470 N.

Watter EEN van die kombinasies beskryf die RIGTING VAN DIE BEWEGING en die RIGTING VAN DIE VERSNELLING van die hysbak gedurende die beweging die beste?

a)

A

b)

B

c)

C

d)

D

5.

'n Grassnyer word oor die grond gestoot met 'n krag F teen 'n hoek θ met die horisontaal. Die gewig van die grassnyer is w.

Die normaalkrag, in N, op die grassnyer is …

a)

w

b)

w + FY

c)

w - FY

d)

w + FX

6.

'n Motor ry op 'n pad. Die bestuurder het sy veiligheidsgordel aan. Die bestuurder sien 'n versperring voor in die pad en rem skielik.

'n Aksie-reaksiepaar is die krag van die veiligheidsgordel op die bestuurder en die krag van die …

a)

bestuurder op die sitplek.

b)

wiele op die pad.

c)

bestuurder op die veiligheidsgordel.

d)

veiligheidsgordel op die sitplek.

7.

'n Blok met 'n massa van 4 kg word al langs 'n wrywinglose helling, teen 'n hoek van θ, met 'n krag F, opwaarts getrek, soos in die skets hieronder getoon.

Watter EEN van die volgende vergelykings kan gebruik word om die grootte van die normaalkrag (N) te bereken?

a)

N = (4)(9,8)sinθ

b)

N = F - (4)(9,8)cosθ

c)

N = F + (4)(9,8)cosθ

d)

N = (4)(9,8)cosθ

8.

Twee kragte, F1 en F2, werk op 'n punt in. Indien F1 en F2 in dieselfde rigting werk, het die maksimum resultant 'n grootte van 13 N. Indien kragte F1 en F2 in teenoorgestelde rigtings werk, is die grootte van die minimum resultant 3 N. Die grootte van die twee kragte, in newton, is …

a)

8 en 5.

b)

16 en 10.

c)

3 en 10.

d)

10 en 7.

9.

'n Vrybewegende blok gly teen 'n skuinsvlak af teen 'n KONSTANTE SNELHEID. Dit beteken dat die …

a)

wrywingskrag wat op die blok inwerk, nul is.

b)

netto krag wat op die blok inwerk in die rigting afwaarts teen die helling van die vlak is.

c)

netto krag wat op die blok inwerk, nul is.

d)

komponent van gewig parallel aan die vlak, groter as die wrywingskrag is.

10.

Die NETTO KRAG wat op die trollie inwerk:

(i) Veroorsaak dat die trollie horisontaal versnel

(ii) Is aan die toegepaste krag gelyk

(iii) Is horisontaal vorentoe

Watter van die stellings hierbo is KORREK?

a)

(i) en (ii)

b)

(ii) en (iii)

c)

(i) en (iii)

d)

(i), (ii) en (iii)

11.

'n Man in 'n hysbak beweeg opwaarts teen 'n KONSTANTE SPOED. Die gewig van die man is W. Volgens Newton se Derde Wet is die reaksiekrag van die gewig W die krag van die …

a)

vloer op die man.

b)

Aarde op die man.

c)

man op die vloer.

d)

man op die Aarde.

12.

Watter EEN van die volgende stellings oor die wrywingskrag wat op 'n

voorwerp inwerk, is KORREK?

Die wrywingskrag is …

a)

direk eweredig aan die normaalkrag.

b)

afhanklik van die snelheid van die beweging.

c)

onafhanklik van die soort oppervlak.

d)

gelyk aan die gewig van die voorwerp.

13.

Watter EEN van die volgende grafieke verteenwoordig die verwantskap

tussen versnelling en massa van 'n voorwerp as 'n konstante netto krag

daarop inwerk?

a)

b)

c)

d)

14.

Volgens Newton se Derde Bewegingswet is die reaksiekrag op die gewig van

'n boek wat op 'n tafel lê, die …

a)

normaalkrag.

b)

krag van die boek op die Aarde.

c)

krag van die Aarde op die boek.

d)

krag van die boek op die tafel.

15.

In die diagram hierbo word ʼn 20 N krag toegepas op 'n houer met 'n massa van 20 kg. Die houer het nie beweeg nie. Wat is die grootte van die statiese wrywingskrag wat op die houer inwerk?

a)

20 N

b)

0 N

16.

ʼn Meisie met ʼn gewig van 600 N staan op ʼn badkamerweegskaal in ʼn hysbak wat beweeg toe sy opmerk dat die skaal 560 N lees. Watter EEN van die volgende is die KORREKTE gevolgtrekking van die beweging van die hysbak? Die hysbak …

a)

versnel opwaarts.

b)

versnel afwaarts.

c)

beweeg opwaarts teen ‘n konstante snelheid.

d)

beweeg afwaarts teen ‘n konstante snelheid.

17.

Passasiers in ‘n motor wat beweeg word aangeraai om veiligheidsgordels aan te sit. Dit sal die kanse om seer te kry, in geval van ʼn ongeluk, verminder. Hierdie voorsorgmaatreël is ‘n toepassing van watter EEN van die volgende Fisika-wette?

a)

Newton se eerste wet

b)

Newton se tweede wet

c)

Newton se derde wet

d)

Newton se universele wet van gravitasie

18.

ʼn Boks van 1,5 kg word met ʼn krag van 20 N teen ʼn hoek van 15 teen die horisontale posisie gestoot, soos aangetoon in die diagram.

Die normale krag is ...

a)

14,70 N.

b)

9,52 N.

c)

19,88 N.

d)

5,18 N.