WorksheetsKringe in 'n bos 13-5
Total questions: 12
Worksheet time: 19mins
Saul onderneem sy eerste besoek aan die dorp sedert hy weg is by Macdonald se houtskuur. Hy gaan om sy goud te verkoop. Saul is op sy senuwees, omdat hy nie weet wie om te vertrou nie. Hy stap by Barclay se apteek in, omdat Patterson hom die raad gegee het om by 'n apteker te verkoop as daar nie 'n bank op die dorp is nie.
Barclay behandel Saul aanvanklik ongeskik, maar wanneer hy sien dat Saul goud het verander sy houding. Saul kry twaalf pond vir sy twee onse goud. Hy koop alles wat hy nodig het, en daar bly nog geld oor ook. Dit is die eerste keer in sy lewe dat Saul regte geld het.
Oppad terug Meulbos toe wag Kate vir Saul. Sy waarsku hom dat Esau en Tanda, twee van Macdonald se werkers, hom gaan probeer beroof. Met hierdie ontmoeting vertel Kate vir Saul dat sy in groot moeilikheid gekom het omdat hy die boek David Copperfield in die skuur vergeet het. Haar straf was dat sy 500 keer moes uitskryf: "All woodcutters are wild and dirty and so are their children."
Oppad na Meulbos sien Saul sy familie, maar Saul se pa vra dat hy nie moet erken dat hy Joram Barnard se seun is nie. Saul aanvaar dat hy en sy pa mekaar nooit sal verstaan nie. Hy besef dat hy op sy eie is. Hy bou vir hom 'n gerieflike skuiling in die bos, en sy lewe begin in plek val.
Watter woord in die teks beteken dieselfde as "in die begin."
(a)
Wat is die titel van die boek wat Kate vir Saul gegee het?
(a)
Saul gaan na Barclay, die apteker, toe om
sy goud te weeg.
medisyne te koop.
sy goud te verkoop.
raad te kry.
'n Sinoniem vir guitig is
somber
ernstig
spelerig
kwaai
Een woord vir "om iets te verkoop" is
(a)
Iemand wat soek na goud, diamante of ander grondstowwe is 'n (a)
Saul se familie lyk (a) wanneer hulle hom sien. Joram vra dat Saul eerder moet (b) dat hy Joram Barnard se seun is.
Die foto links is van (a)
Benoem die items 1-6
goewerment
sinkplaat
verweel
pik
aptekerskaal
byl
ivoor
sluistrog
skoffel
vyself en stamper
Merk die foto wat iemand uitbeeld wat as "verwese" beskryf kan word.
Kies die regte woord om die sin te voltooi:
Daar is 'n (a) versprei dat houtkappers wat goud soek se houtlisensies afgeneem sal word.
Twee van die ses items regs sou deur Barclay, die apteker, gebruik word. Watter twee is dit?
Merk dit.
Wat word die item in die foto genoem?
(a)
Gee die intensiewe vorm van 'nat' wat in die voorlesing gebruik was.
(a)
