wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Afrikaans Basislynassessering

Total questions: 35

Worksheet time: 35mins

Name
Class
Date
1.

AFDELING A: BEGRIPSTOETS (20 PUNTE)

TEKS 1: BOEKRESENSIE

Lees die volgende teks en beantwoord die vrae.

Charlie en die Sjokoladefabriek, Roald Dahl

Roald Dahl is `n bekende kinderboekskrywer. Sy stories het dikwels `n

minderbevoorregte hoofkarakter wat aan die einde deur harde werk en toewyding

suksesvol is.

Charlie Bucket, die hoofkarakter, is `n seun wat saam met sy ma, pa en grootouers

in `n klein houthuisie woon. Charlie hoor dikwels van die plaaslike sjokoladefabriek,

wat aan Willy Wonka behoort het, in die stories wat sy oupa Joe vertel het. Toe

Charlie van die kompetisie wat die fabriek aanbied hoor, om `n goue kaartjie in `n

sjokoladestafie te kry, kon hy net daarvan droom om te wen. Charlie het `n paar

keer probeer,maar omdat hy arm is, kon hy dit nie bekostig om elke dag `n

sjokoladestafie te eet soos sy vriende by die skool nie. Vier van die vyf kaartjies is

gevind en Charlie het alle hoop verloor, maar toe tel hy geld in die straat op en koop

vir hom `n “Whipple Scrumptious Fudgemallow delight”. Hy kry die vyfde en laaste

kaartjie!

Die storie maak van baie sintuie gebruik. Alhoewel ons nie fisies die sjokolade kan

proe nie, kan ons dit deur die woordgebruik op die bladsy proe. Ons kan die

sjokoladerivier ruik en ons kan die malvalekkerkussings voel.

Ek hou van die manier waarop Dahl die kinders as perfekte voorbeelde van

gulsigheid en luiheid beskryf. Dit kan jong lesers wys dat sulke mense nie ver in die

lewe kom nie. Hierdie boek gee snaakse voorbeelde van hoe jou houding en gedrag

jou toekoms bepaal.

Ek dink hierdie boek bied `n goeie boodskap aan kinders; maak nie saak wat jou

agtergrond is nie, as jy volhard en trou bly aan jouself, sal jy aan die einde bo

uitkom.

[Aangepas uit:childrensbooks.wikia.com/wiki/Charlie_and_the_Chocolate_Factory]

a)

Ek het teks een keer deurgelees.

b)

Ek het die teks 2 keer deurgelees.

c)

Ek het nie die teks gelees nie.

d)

Ek antwoord altyd my vrae voor ek die teks deurgelees het.

2.

AFDELING A: BEGRIPSTOETS (20 PUNTE)

1) Die skrywer van hierdie boek is (a)   .

3.

AFDELING A: BEGRIPSTOETS (20 PUNTE)

2) Watter sin is 'n feit?

a)

Hy het die goue kaartjie in 'n sjokoladestafie gekry.

b)

Ons kan amper die sjokoladeriviere ruik.

c)

Ek dink die boek is baie goed geskryf.

d)

Waar woon die hoofkarakter?

4.

AFDELING A: BEGRIPSTOETS (20 PUNTE)

3) Watter sin is 'n mening?

a)

Ek dink hierdie boek bied 'n goeie boodskap aan leerders.

b)

Het jy al 'n geleentheid gehad om hierdie boek te lees?

c)

Meer as een miljoen eksimplare is al van die boek verkoop.

d)

Ja! Ek het my eie goue kaartjie gewen!

5.

Vir wie is die boek geskryf?

a)

Onderwysers

b)

Kinders

c)

Bejaardes

d)

Mense wat van films hou

6.

AFDELING A: BEGRIPSTOETS (20 PUNTE)

Wat is die doel van 'n boekresensie

a)

Om die boek te bemark.

b)

Om vervelig te wees.

c)

Om sjokolade-verkope te verbeter.

d)

Om die skrywer se opinie oor die boek te deel.

7.

AFDELING A: BEGRIPSTOETS (20 PUNTE)

Hoekom het Charlie hoop verloor?

a)

Want sy familie was arm.

b)

Want hy het nie onlangs daaroor gedroom nie.

c)

Want hy het geweet vier van die vyf kaartjies is alreeds gekry.

d)

Want hy was oor dit.

8.

AFDELING A: BEGRIPSTOETS (20 PUNTE)

Hoe prikkel die outeur (skrywer) die leser se sintuie?

a)

Jy kan sjokolade eet terwyl jy die boek lees.

b)

Hy maak gebruik van baie beskrywende woordegebruik.

c)

Hy doen nie.

d)

Ek het nie sintuie nie.

9.

AFDELING A: BEGRIPSTOETS (20 PUNTE)

Watter les moet kinders uit die boek leer?

a)

Volharding (om aan te hou probeer/ werk) is belangriker as die huis waaruit jy kom.

b)

Jy kan vêr kom as jy lui is.

c)

Sjokolade is baie belangrik.

d)

Jou houding en gedrag bepaal nie jou toekoms nie.

10.

AFDELING A: BEGRIPSTOETS (20 PUNTE)

Charlie Bucket woon in 'n ...

a)

Herehuis

b)

Plaasskuur

c)

Klein houthuisie

d)

Land

11.

AFDELING A: BEGRIPSTOETS (20 PUNTE)

Charlie Bucket woon saam met sy ma, pa en (a)   .

12.

AFDELING B: VISUELE TEKS (10 PUNTE)

Vir watter ouderdomsgroep word daar op die kamp voorsiening gemaak?

a)

5 - 9

b)

10 - 14

c)

10 - 17

d)

20 - 23

13.

AFDELING B: VISUELE TEKS (10 PUNTE)

As jy nie 'n e-pos kan stuur nie, op watter ander manier kan jy die organiseerders kontak?

a)

Kantore toe gaan.

b)

Stuur 'n brief.

c)

Jy kan nie.

d)

Bel die kantoor.

14.

AFDELING B: VISUELE TEKS (10 PUNTE)

Watter een van die volgende kan jy nie by die kamp doen nie?

a)

Kunsvlyt

b)

Perdry

c)

Dans

d)

Staproetes

15.

AFDELING B: VISUELE TEKS (10 PUNTE)

Die prente in die teks word gebruik om:

a)

Die mense bekend te maak.

b)

Te wys perde is oulike troeteldiere.

c)

Die leser se aandag te trek.

d)

Jou brein te laat rus.

16.

AFDELING B: VISUELE TEKS (10 PUNTE)

Die eerste (a)   inskrywings is gratis. (Skryf die getal uit)

17.

AFDELING B: VISUELE TEKS (10 PUNTE)

Hoekom sal kinders op hierdie kamp wil gaan?

a)

Om te leer.

b)

Om vriende te maak en pret te hê.

c)

Om ouers te ontmoet.

d)

Om gratis vakansie te hou.

18.

AFDELING B: VISUELE TEKS (10 PUNTE)

Hoekom is die woord "vakansie" in vet letters gedruk?

a)

Om die leser se aandag te trek.

b)

Want kinders hou van vakansie.

c)

Dit lyk mooi.

d)

Omdat dit die eerste woord van die teks is.

19.

AFDELING B: VISUELE TEKS (10 PUNTE)

Die kamp kos R (a)   per kind. (Skryf net die getal neer)

20.

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES (20 PUNTE)

Die kar ry baie vinnig in die straat af.

Die onderstreepte woord in die boonste sin is 'n voorbeeld van 'n...

a)

Selfstandige naamwoord.

b)

Byvoeglike naamwoord.

c)

Werkwoord.

d)

Eienaam.

21.

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES (20 PUNTE)

Ek gaan vir my ma 'n bos blomme koop vir Valentynsdag.

Watter tipe selfstandige naamwoord is die onderstreepte woord in die boonste sin?

a)

Soortnaam

b)

Versamelnaam

c)

Gewone een.

d)

Massanaam.

22.

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES (20 PUNTE)

Ek gaan vanmiddag niks doen nie.

Hierdie sin is in die (a)   tyd geskryf.

23.

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES (20 PUNTE)

Ek is bly die eksamen is verby.

Hierdie sin is in die (a)   tyd geskryf.

(Toekomende/ verlede/ teenwoordigende)

24.

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES (20 PUNTE)

Gister het ek nog eksamen geskryf.

Hierdie sin is in die (a)   tyd geskryf.

(Toekomende/ verelde/ teenwoordigende)

25.

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES (20 PUNTE)

Die hond eet gulsig aan sy drie vleisies.

Wat is die gesegde in hierdie sin?

a)

Die hond

b)

eet

c)

eet gulsig

d)

aan

26.

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES (20 PUNTE)

Die hond eet gulsig aan sy drie vleisies.

Wat is die onderwerp in hierdie sin?

a)

Hond

b)

Drie vleisies

c)

Sy vleisies

d)

Die hond

27.

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES (20 PUNTE)

Die hond eet gulsig aan sy drie vleisies.

Wat is die voorwerp in hierdie sin?

a)

Die hond

b)

Aan sy

c)

Sy drie vleisies

d)

Drie vleisies

28.

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES (20 PUNTE)

Wat is die antoniem vir die woord: "Aand"

a)

Oggend

b)

Son

c)

Donker

d)

Nag

29.

Wat is die sinoniem vir die woord: "Mooi"

a)

Lelik

b)

Aaklig

c)

Pragtig

d)

Hart

30.

AFDELING D: OPSOMMING (10 PUNTE)

Om die hoofgedagte van 'n sin te kry, kyk jy wat die "punt" van die paragraaf is. Dit beteken al die ander sinne in die paragraaf word gebruik om die punt te verduidelik of meer daaroor te sê.

a)

Waar

b)

Onwaar

31.

AFDELING D: OPSOMMING (10 PUNTE)

Identifiseer die hoofgedagte in die volgende paragraaf:

Roald Dahl is `n bekende kinderboekskrywer. Sy stories het dikwels `n

minderbevoorregte hoofkarakter wat aan die einde deur harde werk en toewyding

suksesvol is.

a)

Sy stories het dikwels 'n minderbevoorregte hoofkarater.

b)

Roald Dahl is 'n bekende kinderboekskrywer.

32.

AFDELING D: OPSOMMING (10 PUNTE)

Identifiseer die hoofgedagte in die volgende paragraaf:

Toe

Charlie van die kompetisie wat die fabriek aanbied hoor, om `n goue kaartjie in `n

sjokoladestafie te kry, kon hy net daarvan droom om te wen. Charlie het `n paar

keer probeer,maar omdat hy arm is, kon hy dit nie bekostig om elke dag `n

sjokoladestafie te eet soos sy vriende by die skool nie. Vier van die vyf kaartjies is

gevind en Charlie het alle hoop verloor, maar toe tel hy geld in die straat op en koop

vir hom `n “Whipple Scrumptious Fudgemallow delight”. Hy kry die vyfde en laaste

kaartjie!

a)

Charlie het `n paar

keer probeer.

b)

ier van die vyf kaartjies is

gevind en Charlie het alle hoop verloor.

c)

Toe

Charlie van die kompetisie wat die fabriek aanbied hoor, om `n goue kaartjie in `n

sjokoladestafie te kry, kon hy net daarvan droom om te wen.

d)

Hy kry die vyfde en laaste

kaartjie!

33.

AFDELING D: OPSOMMING (10 PUNTE)

Identifiseer die hoofgedagte in die volgende paragraaf:

Die storie maak van baie sintuie gebruik. Alhoewel ons nie fisies die sjokolade kan

proe nie, kan ons dit deur die woordgebruik op die bladsy proe. Ons kan die

sjokoladerivier ruik en ons kan die malvalekkerkussings voel.

a)

Daar is nie een nie.

b)

Die storie maak van baie sintuie gebruik.

c)

Alhoewel ons nie fisies die sjokolade kan

proe nie, kan ons dit deur die woordgebruik op die bladsy proe.

d)

Ons kan die

sjokoladerivier ruik en ons kan die malvalekkers voel.

34.

AFDELING D: OPSOMMING (10 PUNTE)

Identifiseer die hoofgedagte in die volgende paragraaf:

Ek hou van die manier waarop Dahl die kinders as perfekte voorbeelde van

gulsigheid en luiheid beskryf. Dit kan jong lesers wys dat sulke mense nie ver in die

lewe kom nie. Hierdie boek gee snaakse voorbeelde van hoe jou houding en gedrag

jou toekoms bepaal.

a)

Ek hou van die manier waarop Dahl die kinders as perfekte voorbeelde van

gulsigheid en luiheid beskryf.

b)

Hierdie boek gee snaakse voorbeelde van hoe jou houding en gedrag

jou toekoms bepaal.

c)

Dit kan jong lesers wys dat sulke mense nie ver in die

lewe kom nie.

d)

Al die sinne is die hoofgedagte.

35.

Waarmee sukkel jy die meeste in Afrikaans/ waarvoor kry jy die laagste punte?

a)

Begripstoets

b)

Visuele teks

c)

Taalstrukture en konvensies

d)

Opsomming

e)

Geen