Font size
WorksheetsGraad 4 NWT toets voorbereiding KW3 2025
Total questions: 10
Worksheet time: 17mins
Watter soort energie word in die prent gebruik?
Hitte energie
Bewegingsenergie
Lig energie
Watter soort energie gee die flitslig vir ons?
Lig energie
Klank energie
Hitte energie
Voltooi die sin deur die ontbrekende woord in te vul.
Sonder (a) sou ons nie kan lewe nie.
Die Son gee vir ons .................................. en ................................... energie
(a)
Dit is 'n verduideliking van wat 'n energieketting is.
Dit wys waar die energie begin
Energieketting wys vir ons hoe energie oorgedra word van een deel na 'n ander deel.
Lees die teks hieronder en beantwoord die vraag wat volg:
Akeelah se Warm Winterdag ❄️🌨️
Dit was ’n koue wintersoggend. Akeelah se hande was ys-koud toe sy by die skool aankom. Sy sê vir haar maats:
“Ek wens ek kon nou sommer sonstrale drink om warm te word!”
Meneer Barends, hul NWT-onderwyser, glimlag en vra:
“Wie weet hoe ons liggame warm kan bly?”
Autumn antwoord: “As ons beweeg, maak ons spiere hitte-energie.”
Akeelah voeg by: “As ek by die kaggel sit, voel ek hoe die hitte van die vuur my vel warm maak.”
Meneer Barends klap hande. “Presies! Ons kan hitte-energie kry van die son, van vuur, en selfs uit ons eie liggame wanneer ons hardloop of spring. Dit help ons om in die winter warm te word.”
Die kinders besluit toe om tydens pouse rond te hardloop en gou het hulle warm geword. Akeelah glimlag: “Nou is ek soos ’n klein sonnetjie!” 🌞
Noem drie dinge wat Akeelah en haar maats kon doen om warm te word.
Hoe verskil 'n paraffienlamp en 'n gloeilamp van mekaar?
'n Paraffienlamp gebruik paraffien om lig te gee en 'n gloeilamp gebruik 'n battery/ elektrisiteit om lig te gee.
Daar is nie 'n verskil nie
Die paraffienlamp gee baie meer lig energie as die gloeilamp
Gebruik die woorde hieronder en vorm 'n energieketting. Onthou, alle energiekettings begin by die Son.
Blom , By , Son
Vorm jou energieketting hier
Gebruik een van die woorde in die tabel en voltooi die sin hieronder:
............................... energie is die energie wat in 'n stelsel gaan om die stelsel te laat werk.
Uitset
Inset
Die .................................... wat ons eet is die inset energie wat mense nodig het om aan die lewe te bly. Ons uitset energie is ....................................... energie
(a)
