

Mynbou
Presentation
•
Geography
•
12th Grade
•
Practice Problem
•
Hard
Zarinay Orton
FREE Resource
12 Slides • 1 Question
1
Mynbou
Deur Zarinay Orton
2
Definisies
Vermenigvuldigereffek - Bykomende ekonomiese ontwikkeling (soos meer fabrieke, dienste, werksgeleenthede en rykdom) in reaksie op nuwe of uitbreidende ekonomiese ontwikkeling (byvoorbeeld 'n myn of fabriek)
Skakelnywerheid - 'n Nywerheid wat materiaal of toerusting aan 'n ander nywerheid voorsien of wat van 'n ander nywerheid afhanklik is vir materiaal of toerusting vir sy eie prosesse
Allooi - 'n Metaal gemaak deur twee of meer metale te kombineer
Termiese gradiënt - Tempo waarteen rotstemperatuur styg met toenemende diepte onder die oppervlakte
Kapitaal - Die geld asook die grond en toerusting wat nodig is om rykdom te produseer
Katalisator - 'n Stof wat 'n chemiese reaksie veroorsaak sonder om self te verander of verbruik te word
Neweprodukte - Bykomende produkte wat gemaak word tydens die produksie van een ander produk
3
Multiple Select
Watter bydraes kan die mynbou bedryf hê tot Siud-Afrika?
(kies almal wat jy dink reg is)
Bevorder ekonomie
Maak die land mooier
Nuwe dorpe ontwikkel
Skep werk
4
Bydraes van myne
In 2010 het mynbou 9,6% tot die BBP bygedra.
Baie vervaardigingsnywerhede, vervoerverbindings en diensteberoepe is begin om die mynbou te steun. Met sulke vermenigvuldigereffekte dra mynbou ongeveer 18% by tot die BBP.
Volgens waarde is 46% van Suid-Afrika se uitvoere mineraalprodukte. Net meer as die helfte hiervan is onverwerkte ystererts, mangaanerts, ongeslypte diamante en steenkool. Die res is in die vorm van verwerkte minerale soos goud, staalstawe, aluminiumstawe en vlekvrye staalplate
Myne en steengroewe is 'n belangrike bron van werkverskaffing: meer as 510 000 mense het in 2011 in ons myne en steengroewe gewerk. Dit is ongeveer 6% van die ekonomies aktiewe bevolking.
Die mynmaatskappye dra meer as R17 miljard by tot belasting.
Mynbou aktiwiteite het buitelandse beleggings na Suid-Afrika gelok.
5
Belangrikheid van mynbou vir SA se ontwikkeling
Die ontdekking van diamante en goud het tot die konstruksie van spoorweë gelei. Teen 1889 was Kimberley verbind met Kaapstad, en die Witwatersrand verbind met Kaapstad, Port Elizabeth, Durban, Maputo en Oos-Londen. Die bou van spoorweë was ‘n belangrike stap in die ekonomiese ontwikkeling omdat dit die binneland oopgestel het vir geleenthede om produkte uit te voer.
Mynbou het gelei tot ‘n behoefte aan opleiding in mynbou, ingenieurswese en ander velde. Dit het gelei tot die oprigting van tegnikons en universiteite, wat mense met gespeialiseerde vaardighede gelok en ontwikkel het.
Nuwe beleggigs het na Suid-Afrika gestroom om die nuwe myne, verwante nywerhede, hawens en spoorweë to ontwikkel.
‘n Groot verskeidenheid skakelnywerhede het in Suid-Afrika ontstaan om produkte aan die myne te voorsien.
Die rykdom wat van myne verkry is, het die bou van Suid-Afrika se infrastruktuur befonds: byvoorbeeld paaie, spoorlyne, hawens, lugverbindings, skole, en sakeondernemings.
6
Belangrikheid van mynbou vir SA se ontwikkeling
Ons steenkool word gebruik vir 94% van die elektrisiteit wat opgewek word en vir 37% van die produksie van vloeibare brandstof deur Sasol.
Die myne en hulle skakelnywerhede het duisende mense in diens.
Die uitvoer van minerale bring buitelandse valuta in. Die stel Suid-Afrikaners in staat om ingevoerde goedere te koop wat ons nie produseer nie.
Minerale word in plaaslike nywerhede gebruik. Van die metale wat ons uitvoer, word gebruik om die invoerprodukte te skep wat ons benodig.
7
Faktore wat mynbou in Suid-Afrika bevorder
Baie hulpbronne: Suid-Afrika se mineraalhulpbronne word geraam op R18,5 triljoen - die hoogste in die wêreld.
Daar is 'n wye verskeidenheid minerale rykdom as gevolg van 'n geologiese geskiedenis van byna vier biljoen jaar. Die kwaliteit en konsentrasie van minerale is dikwels merkwaardig hoog. Byvoorbeeld, Suid-Afrika is vyfde op die ranglys as 'n diamantprodusent volgens gewig - maar dit is edelstene van superieure gehalte, dus is Suid-Afrika nommer drie volgens produksiewaarde.
Die lae minerale is dikwels dik en aaneenlopend: die dik lae in die meeste steenkoolmyne kan makliker en meer winsgewend gemyn word. Die hoofriwwe van platinum, vanadium en chroomerts is dik en loop honderde kilometer aaneen ondergronds.
Die meeste van die minerale is redelik naby die oppervlakte, wat produksiekoste verminder.
Die lae termiese gradiënt van SuidAfrika se rotslae verminder die koste vir die verkoeling van lug wat in die myne afgepomp word.
8
Faktore wat mynbou in Suid-Afrika bevorder
Die ligging van sommige minerale is baie gunstig. Toe krag nodig was om die goudmyne van Gauteng te bedryf, kon steenkool van die nabygeleë steenkoolvelde by Witbank gebring word. Die Vaalrivier, net 90 km suid van Johannesburg, was - en is steeds - 'n lewensbelangrike waterbron vir die myne, fabrieke en mense van die Witwatersrand.
Kapitaal vir myne was beskikbaar: die groot hoeveelhede kapitaal wat nodig was om die myne in die negentiende en twintigste eeue te open, is makliker verkry omdat Suid-Afrika deel van die destydse welvarende Britse Ryk was.
Steenkool is beskikbaar vir energie: Suid-Afrika se groot steenkoolhulpbronne word gebruik om elektrisiteit op te wek. Baie van hierdie steenkool word goedkoop ontgin omdat dit naby die grondoppervlakte is. Dit help om die koste van elektrisiteit laag te hou. Dit lei op sy beurt daartoe dat die ontginning van ander minerale goedkoper is as in ander lande.
9
Faktore wat mynbou in Suid-Afrika bevorder
Laagbesoldigde arbeid: daie van Suid-Afrika se mynbou-aktiwiteite is begin deur laag besoldigde werkers te gebruik. Die toekoms van die nywerheid behels nou om aan mynwerkers 'n regverdige aandeel in die winste te gee, alle mynwerkers tot hoër vlakke van bevoegdheid op te lei en hoër produktiwiteit te beloon.
Regeringshulp is beskikbaar om kleinskaalse, onafhanklike mynwerkers te help om hulle myne veilig en winsgewend – en wettig - te bedryf. Net 7 000 mense is betrokke by mynbou in die informele sektor
10
Faktore wat mynbou in Suid-Afrika belemmer
Skommelings in randwisselkoerse: die meeste van die wins van mynbou is afkomstig van die produkte daarvan wat uitgevoer word. Inkomste uit minerale word dus beïnvloed deur veranderinge in randwisselkoerse. Skommelings in buitelandse markpryse het die afgelope jare 'n ernstige invloed op goudmyne gehad. Sommige myne moes sluit toe pryse te laag gedaal het.
Ondergrondse water is gevaarlik. Mynwerkers het al verdrink wanneer hulle deur die rots groot selle met water oopboor. Om myne droog te pomp verho bedryfskoste – en veroorsaak omgewingskade aan die oppervlakte bokant myne.
Arbeidskoste het skerp gestyg: mynbou benodig werkers. Mynlone was vir baie jare uitbuitend. Wesenlike loonverhogings (veral ná 1994) het party myne onlonend gemaak. Mynmaatskappye dra ook 'n deel van die werkers gesondheids-, pensioen-, ontspannings-, behuisings- en voedselkoste. Sedert 2000 het beter bestuur van myne en arbeid egter die aandeel van arbeid in d totale produksiekoste verlaag.
11
Faktore wat mynbou in Suid-Afrika belemmer
Kommer oor die omgewing het mynmaatskappye verplig om omgewingsfaktore by die berekening van hulle produksiekoste in te sluit. Dit behels onder andere die herstel van grond nadat mynbedrywighede gestaak word, herstel van ingesakte sinkgate, voorkoming van stofbesoedeling, skoonmaak van rookuitlatings by smelterye en neutralisering van besoedelde water wat uit myne dreineer. Hierdie faktore verminder winste en voorkom selfs dat 'n myn enigsins in bedryf gestel word.
Baie van die myne is diep in die binneland. Die koste om die minerale vir uitvoer na die kus te vervoer, dra by tot hulle verkoopprys en veroorsaak soms dat uitvoere nie met wêreldpryse kan meeding nie.
Mynbouregulasies van 2010 ken minerale regte op enige grond aan die regering toe, eerder as aan die grondbesitter. Dit, saam met die jare lange wagtyd vir toestemming om te myn, het beleggers ontmoedig om grond vir mynbou te koор.
12
Faktore wat mynbou in Suid-Afrika belemmer
MIV/vigs: teen 2005 het 60% van die mynbousektor 'n daling in winsgewendheid getoon omdat myne ervare werkers in die pandemie verloor het.
Longsiektes: ná baie jare se werk in myne doen party werkers ernstige longsiektes op wat uitmergelend en soms terminaal is. Party regsgedinge teen mynmaatskappye was geslaagd - mynmaatskappye moes baie voormalige werknemers of hulle gesinne vergoed.
13
Probleme wat platinummynbou ondervind
Probleme wat platinummynbou ondervind Platinummyn en verwerkingsaanleg kos miljarde om op te rig. Mynmaatskappye ondervind die volgende probleme:
skerp styging in die koste van arbeid, materiaal, krag en vervoer
hoë belasting op winste
onderbrekings vir veiligheidsherstelwerk
wisselende vraag: teen die middel van 2012 het die platinumprys tot amper 40% onder die 2008-hoogtepunt gedaal terwyl produksiekoste baie toegeneem het
druk van vakbonde en politieke rolspelers om minder winsgewende myne oop te hou en werkers in diens te neem.
Mynbou
Deur Zarinay Orton
Show answer
Auto Play
Slide 1 / 13
SLIDE
Similar Resources on Wayground
11 questions
Qué es la evaluación
Presentation
•
12th Grade
10 questions
Daerah Dalam Kerangka NKRI
Presentation
•
12th Grade
10 questions
Darlehnsarten
Presentation
•
12th Grade
10 questions
Tania y Denis
Presentation
•
KG
10 questions
PSPTKR XII
Presentation
•
12th Grade
9 questions
ein Hotelzimmer buchen
Presentation
•
12th Grade
11 questions
Adv. B 8/21/2023
Presentation
•
12th Grade
8 questions
Mã hóa hình ảnh từ 00-99
Presentation
•
KG
Popular Resources on Wayground
19 questions
Naming Polygons
Quiz
•
3rd Grade
10 questions
Prime Factorization
Quiz
•
6th Grade
20 questions
Math Review
Quiz
•
3rd Grade
15 questions
Fast food
Quiz
•
7th Grade
20 questions
Main Idea and Details
Quiz
•
5th Grade
20 questions
Context Clues
Quiz
•
6th Grade
20 questions
Inferences
Quiz
•
4th Grade
19 questions
Classifying Quadrilaterals
Quiz
•
3rd Grade
Discover more resources for Geography
10 questions
Fact Check Ice Breaker: Two truths and a lie
Quiz
•
5th - 12th Grade
10 questions
Video Games
Quiz
•
6th - 12th Grade
5 questions
A.EO.1-4 Quizizz Day 1
Quiz
•
9th - 12th Grade
100 questions
Biology EOC Review
Quiz
•
9th - 12th Grade
5 questions
A.EO.1-4 Quizizz Day 2
Quiz
•
9th - 12th Grade
12 questions
Name that Candy
Quiz
•
KG - 12th Grade
50 questions
ELA EOG Prep 7th Grade
Quiz
•
KG - University
20 questions
Guess The App
Quiz
•
KG - Professional Dev...