Wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Fairview :Afr.Papier 2-EAT-Kwrt-3 Gr5-( Punt-35)

Total questions: 30

Worksheet time: 30mins

Name
Class
Date
1.

Die haas en die hond


Eendag het ʼn hond saam met sy baas gaan stap. Terwyl

hulle stap, snuffel die hond orals rond. Onder een van die

bosse sien hy ʼn verskrikte haas. Die haas laat nie op hom wag

nie en hardloop soos blits. Die hond sit die haas agterna. Die haas hardloop draaie en swenk ( draai/ turn ) vinnig links en dan weer regs. Die hond kan hom nie inhaal nie. Naderhand gee die hond moed (gave up hope) op en draf terug na sy baas.

Die hond se baas is teleurgesteld en sê: “Agge nee man! Jy is baie stadig.

Ek het nou so uitgesien na haaspastei en nou kry ek niks!”

Die hond luister na sy baas en laat hom maar

klaar praat voordat hy hom antwoord. “Dit is so!”

antwoord die hond. “Die probleem is net dat die haas en

my motivering nie dieselfde was nie. Ek moes hardloop

om vir jou ʼn stukkie vleis te bring, terwyl die haas moes

hardloop om sy lewe te red.”


Saam met wie stap die hond?

(a)  

2.

Wat sien die hond raak?

(a)  

3.

Die haas en die hond”


Wat dink jy beteken " soos blits" in die storie?

a)

mooi

b)

stadig

c)

vinnig

4.

Die haas en die hond


Wat doen die hond na hy die haas gesien het?

a)

Hy hardloop terug plaas toe

b)

Hy begin die haas te jaag

c)

Hy gaan slaap

5.

Die haas en die hond


Kon die hond die haas vang?

Antwoord slegs Ja of nee.

(a)  

6.

Die haas en die hond


Hoekom kon die hond nie die haas vang nie?

a)

Hy is te lui

b)

Die haas het draaie met hom gehardloop

c)

Die baas het gesê hy moenie

7.

Die haas en die hond


Hoe voel die hond se baas oor die hele situasie?

a)

Hy is teleurgesteld

b)

Hy is gelukkig

c)

Hy was hoopvol

8.

Die baas wou (a)   maak met die haas?

9.

Die haas en die hond


Watter woord in die storie beteken die teenoorgestelde (opposite) van "groot"?

a)

haastig

b)

baie

c)

stukkie

10.

Dink jy dit is `n ware verhaal?

a)

Ja, die hond kan die haas jaag.

b)

Nee, honde kan nie praat nie.

c)

Nee, honde kan praat.

11.

Afrikaans-Papier 2- Visuele teks ( punte: 5)

Identifiseer die volgende kosgroep:

a)

Vleisgroep

b)

Pasta

c)

Groente en vrugte

d)

Melk en melk produkte

12.

In watter land sal ons hierdie gebou vind?

a)

Frankryk

b)

Egipte

c)

Engeland

d)

Suid-Afrika

13.

Kies een ding wat jy sien in hierdie prentjie.

a)

see

b)

rivier

c)

berg

d)

motors

14.

Watter soort sport word hier gespeel?

a)

sokker

b)

krieket

c)

rugby

d)

rubgy

15.

Hoeveel diere kan jy in hierdie prentjie sien?

a)

twee

b)

een

c)

vier

d)

drie

16.

AFRIKAANS: TAALSTRUKTURE- (Punte 10)

VERLEDE TYD : bv. Hy slaap. = Hy het geslaap.


Ons loop lekker op die strand.

a)

Ons het lekker op die strand geloop.

b)

Ons het geloop lekker op die strand.

17.

VERLEDE TYD

Skryf die volgende sin oor in die verlede tyd.

Martin slaap op sy bed.

(a)  

18.

VERLEDE TYD

Sarah spring in die swembad.

a)

Gister Sarah het gespring in die swembad.

b)

Gister het Sarah gespring in die swembad.

c)

Gister het Sarah in die swembad gespring.

19.

MEERVOUDE

Een deur baie___________

a)

dere

b)

deure

c)

deurs

20.

MEERVOUDE

Een kombuis baie__________

a)

kombuiser

b)

kombuise

c)

kombeise

21.

MEERVOUDE

Een beer baie__________

a)

bere

b)

beere

c)

beers

22.

MEERVOUDE

Een tafel baie (a)  

23.

WERKWOORDE

Die perd _______ vinnig.

a)

spring

b)

swem

c)

vlieg

d)

hardloop

24.

WERKWOORDE

Die papegaai ____ op die tak.

a)

lê

b)

vlieg

c)

slaap

d)

sit

25.

WERKWOORDE

Die aap ________aan die tak.

a)

swaai

b)

vlieg

c)

swem

d)

speel

26.

TRAPPE VAN VERGELYKING

Groot, groter en die (a)  

27.

TRAPPE VAN VERGELYKING

Baie, ...., die meeste

a)

mere

b)

meer

c)

meers

d)

die meer

28.

VOORNAAMWOORDE

Dit is haar marmot. Die marmot is _______.

a)

haar s’n

b)

haare

c)

hare

d)

syne

29.

VOORNAAMWOORDE

Dit is sy troeteldiere. Dit is ________.

a)

syne

b)

sy s’n

c)

hare

d)

hulle s’n

30.

LYDENDE VORM:

Skryf die sin in die Lydende vorm.

Die vrou braai hoender.

(a)