wayground logo

Free Printable Worksheets

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Wetenskap Gr.6 Mengsels en Oplossings

Total questions: 20

Worksheet time: 20mins

Name
Class
Date
1.

'n Mengsel is twee of meer stowwe wat saamgevoeg word.

a)

Vals

b)

Waar

2.

'n Spesiale mengsel waar die deeltjies van een stof tussen die deeltjies van die tweede stof inbeweeg.

a)

Oplosmiddel

b)

Oplossing

c)

Oplosbare stof

d)

Onoplosbare stof

3.

Wat is sifting?

a)

Om vastestowwe met die hand te skei

b)

Om vastestowwe van vloeistowwe te skei deur sand gebruik

c)

Om 'n stuk gereedskap met gaatjies wat 'n sekere grootte stof deurlaat, te gebruik.

d)

Om te wag tot die vastestof op die bodem van die houer gaan lê

4.

Watter metode sal gebruik word om knope van verskillende groottes van mekaar te skei?

(a)  

5.

Benoem die skeidingsproses in B

(a)  

6.

Van watter skeidingsproses word hier gebruik gemaak en waarvoor sal ons dit gebruik?

a)

Filtrasie, om oplosbare stowwe van 'n oplosmiddel te skei

b)

Sifting, om 'n onoplosbare stof van die oplosmiddel te skei

c)

Filtrasie, om 'n onoplosbare stof van die oplosmiddel te skei

d)

Sortering, om 'n onoplosbare stof van die oplosmiddel te skei

7.

Distillasie maak gebruik van die volgende proses(se) om oplossings te skei

a)

kristallisasie

b)

kondensasie en verdamping

c)

kondensasie en kristallisasie

d)

verdamping en afsakking

8.

Watter van die volgende prosesse kan gebruik word om onoplosbare stowwe van die oplosmiddel te skei? (3)

a)

sifting

b)

distillasie

c)

filtrasie

d)

dekantering

9.

Die proses waar die oplossing verhit word tot 'n punt van verdamping en dan afgekoel word om te kondenseer.

a)

verdamping

b)

distillasie

c)

kristallisasie

10.

Benoem die volgende proses: Soutwater word verhit, waterdeeltjies verdamp en die soutdeeltjies begin teen mekaar vassit om kristalle te vorm.

(a)  

11.

Watter proses word gebruik as ons beide die oplosmiddel en die oplosbare stof wil behou?

a)

kristallisasie

b)

distillasie

12.

'n Oplossing waar die oplosbare stof nie meer wil oplos nie en op die bodem van die houer gaan lê.

a)

Onoplosbare oplossing

b)

Oplosbare oplossing

c)

Versadigde oplossing

13.

Merk die drie faktore wat die tempo van oplossing beïnvloed.

a)

Houergrootte

b)

Temperatuur

c)

Korrelgrootte

d)

Tydsduur

e)

Beweging

14.

Wanneer ek een koppie suiker op een koppie water gooi, gaan lê van die suiker op die bodem van die houer. Waarom?

a)

Die houer is te klein.

b)

Daar is te veel suiker om tussen die deeltjies van die water in te beweeg

c)

Die water is te warm.

d)

Daar is te veel water vir die hoeveelheid suiker.

15.

Wat het die grootste invloed op die tempo van oplossing?

a)

Hoe vinnig ek roer

b)

Of die oplosbare stof grot of fyn is

c)

Hoe warm ek die oplosmiddel maak

d)

Nie een van die opsies nie

16.

Hoe meer beweging, hoe stadiger los die stof op.

a)

Waar

b)

Vals

17.

Waarom los growwe sout stadiger as fyn sout op?

a)

Deeltjies moet hul eers van die growwe soutkristalle losmaak voor hul kan oplos.

b)

Growwe sout is nie warm genoeg nie.

c)

Fyn sout beweeg vinniger.

18.

Watter van die volgende is eienskappe van 'n versadigde oplossing?

a)

die oplosbare middel verkleur die water

b)

die oplosbare stof wil nie meer in die oplosmiddel oplos nie

c)

die oplosbare stof gaan lê op die bodem of dryf bo-op

d)

die oplosbare stof is nie meer sigbaar nie

19.

Watter skeidingproses word in die skets voorgestel?

(a)  

20.

Watter twee prosesse vind by A en B plaas

a)

(A) verdamping, (B) kondensasie

b)

(A) kondensasie, (B) verdamping

c)

(A) verdamping, (B) stoom

d)

(A) verhitting, (B) kondensasie