NEW
Font size
WorksheetsGraad 12 - Bestuur en Leierskap
Total questions: 15
Worksheet time: 9mins
Die proses om mense saam te kry sodat die doelwitte en doelstellings van die besigheid bereik kan word deur die beskikbare hulpbronne effektief en doeltreffend te gebruik.
Watter term pas die beste by die beskrywing hier bo?
Bestuur
Leierskap
Die proses waar die werknemers se gedrag en werk rigting gegee word en waar hulle geïnspireer en beïnvloed word
Bestuur
Leierskap
Hierdie mense is werknemer-georiënteerd
Leierskap
Bestuur
Hierdie mense fokus op die take wat gedoen moet word en sentreer werk rondom dit.
Bestuur
Leierskap
'n Leier se voorkeur leierskapstyl word grootliks bepaal deur watter van die volgende:
Kies 2
Houdings
Situasie van die werksomgewing
Bemarkingsmetode wat gebruik word
Doelwitte van die onderneming
Hierdie leierskapstyl gebruik 'n sisteem van belonings en strawwe om die werknemers te dryf om hulle teikens te bereik
Deelnemende leierskapstyl
Charismatiese leierskapstyl
Outokratiese leierskapstyl
Transaksionele leierskapstyl
Hierdie leierskapstyl betrek werknemers by die besluitnemingsproses. Dit is 'n baie inklusiewe benadering en verseker die ondersteuning van werknemers.
Deelnemende leierskapstyl
Charismatiese leierskapstyl
Outokratiese leierskapstyl
Laissez-faire leierskapstyl
Hierdie leier deel die besluitneming uit aan werknemers wat hy/sy vertrou en wie hy weet is kundig en ervare in hulle beroepsveld
Laissez-Faire leierskapstyl
Transaksionele leierskapstyl
Demokratiese leierskapstyl
Charismatiese leierskapstyl
"Die leier vereis 'n ander perspektief op 'n saak en ervare werknemers kan waardevolle inligting verskaf."
Hierdie stelling is die toepassing van die _____ leierskapstyl?
Charismatiese
Laissez-Faire
Demokratiese
Outokratiese
Watter leierskapstyl is van toepassing o pdie volgende stelling/tot watter styl hou dit betrekking?
"Leier het al die inligting tot sy beskikking en vereis nie verdere insette vanaf die werknemers nie."
Demokratiese
Charismatiese
Outokratiese
Deelnemende
Op watter leierskapstyl is die volgende stelling van toepassing?
"Werknemers wat ervare is in hulle gekose velde word dikwels deur die leier vertrou om verantwoordelike besluite te neem."
Deelnemend
Outokraties
Vrye-teuels
Charismatiese
Watter van die volgende leierskapstyle is van toepassing op die volgende stelling?
"Die organisasie wil veranderinge implementeer en gebruik die leier om die ondersteuning van die werknemers te kry."
Charismatiese
Demokratiese
Outokratiese
Transaksionele
Die volgende stelling is 'n voordeel van watter leierskapstyl?
"Werknemers dra 'n verskeidenheid nuwe idees by wat die organisasie kan bevoordeel en wat kan lei tot verbeterde produksietegnieke."
Charismatiese leierskapstyl
Deelnemende leierskapstyl
Transaksionele leierskapstyl
Vrye-teuels leierskapstyl
Die volgende stelling is 'n nadeel van watter leierskapstyl?
"Dit is nie 'n ideale leierskapstyl wanneer die leier vinnige besluite moet neem nie."
Outokraties
Deelnemend
Charismaties
Laissez-Faire
Die volgende stelling is 'n voordeel van watter leierskapstyl?
"Die leier is in 'n posisie om vinnige besluite te neem sonder om mense te raadpleeg."
Demokraties
Charismaties
Transaksioneel
Outokraties
