WorksheetsAfrikaans Huistaal taal en letterkunde speletjie
Total questions: 9
Worksheet time: 26mins
Wat is die korrekte meervoud van die woord "kind"?
kintjies
kindere
kinders
kinde
Daar is 4 verskillende tipes sinne in Afrikaans. Lys die tipes sinne hieronder.
Wat is 'n selfstandige naamwoord? Gee een voorbeeld.
Lees die volgende sin: "Die seun hardloop vinnig winkel toe." Die werkwoord in die sin is_______. Verder is die werkwoord 'n voorbeeld van 'n ___________ werkwoord.
(a)
Verduidelik in jou eie woorde wat jy dink 'n metafoor is. Gee 'n voorbeeld (jou eie metafoor).
Lees die volgende sin en beantwoord die vrae:
" Tydens die storm het die wind soos 'n woedende dier deur die strate gejaag."
Watter vorm van beeldspraak word in die sin gebruik?
metafoor
vergelyking
personifikasie
alliterasie
Wat sê die betrokke beeldspraak vir jou oor die wind?
Verander die volgende sin na die indirirekte rede:
Die wiskunde onderwyser sê: "Ek gee julle môre huiswerk."
Verbeel jou jy is 'n Afrikaanse onderwyser wat 'n opstel merk. Verbeter die volgende sin:
"Ek hou van om te speel sokker in die park elke dag."
Ek sit op die bank terwyl ek boek lees.
Gebruik die homoniem van die woord "bank" in 'n sin van jou eie.
