wayground logo

Free Printable Worksheets

NEW

Font size

S
M
L
XL
Worksheets

Korte Verhaal Vrae

Total questions: 15

Worksheet time: 11mins

Name
Class
Date
1.

Wat beteken ruimte (setting) in ’n kortverhaal?

a)

Die boodskap van die storie

b)

Die plek en tyd waar die storie afspeel

c)

Die hoofkarakter se gevoelens

d)

Die probleem in die storie

2.

Watter een is ’n voorbeeld van plek in Thando se blou Maandag?

a)

Maandagoggend

b)

Thando voel bekommerd

c)

Thando se huis

d)

Verantwoordelikheid

3.

Wat is ’n protagonis?

a)

Die slegte karakter

b)

Die karakter wat vertel

c)

Die hoofkarakter waarom alles draai

d)

Die plek van die storie

4.

Wie is die protagonis in die storie?

a)

Musa

b)

Thando

c)

Sy ma

d)

Die onderwyser

5.

Wat is ’n antagonis?

a)

Die hoofkarakter

b)

Die karakter of krag wat probleme veroorsaak

c)

Die les van die storie

d)

Die verteller

6.

Watter een is die antagonis in Thando se blou Maandag?

a)

Musa

b)

Die onderwyser

c)

Thando se ma

d)

Die situasie waarin Thando sy huiswerk vergeet

7.

Wat beteken karakteruitbeelding?

a)

Hoe lank die storie is

b)

Hoe die plek beskryf word

c)

Hoe die skrywer karakters beskryf en uitbeeld

d)

Wie die storie vertel

8.

Watter een is deel van karakteruitbeelding?

a)

Tyd

b)

Emosies

c)

Plek

d)

Tema

9.

Watter emosie voel Thando toe sy potlode in die taxi val?

a)

Opgewonde

b)

Moedelose

c)

Trots

d)

Verveeld

10.

Wat beteken vertelperspektief?

a)

Die plek van die storie

b)

Die volgorde van gebeure

c)

Wie die storie vertel

d)

Die boodskap van die storie

11.

Watter vertelperspektief word in die storie gebruik?

a)

Eerste persoon

b)

Tweede persoon

c)

Derde persoon

d)

Ek-verteller

12.

Hoekom is dit derde persoon?

a)

Die verteller sê “ek”

b)

Die verteller is deel van die storie

c)

Die verteller gebruik “hy” en “sy”

d)

Die storie word in dialoog vertel

13.

Wat beteken intrige (plot)?

a)

Die boodskap van die storie

b)

Die volgorde van gebeure in die storie

c)

Die karakters se emosies

d)

Die plek van die storie

14.

Watter deel van die intrige is die klimaks?

a)

Waar die storie begin

b)

Waar die probleem opgelos word

c)

Die hoogste punt van spanning

d)

Waar karakters bekendgestel word

15.

Wat is die tema van Thando se blou Maandag?

a)

Sport is belangrik

b)

Skool is vervelig

c)

Wees verantwoordelik en leer uit jou foute

d)

Geld maak gelukkig