Font size
WorksheetsAfrikaans - Graad 9 - Les 60: Pre-les vasvra
Total questions: 8
Worksheet time: 8mins
Pas die volgende woordsoorte by die korrekte woorde.
selfstandige naamwoord
liefde
byvoeglike naamwoord
opgewonde
bywoord
stadig
voegwoord
daarom
voorsetsel
onder
Pas die volgende soorte werkwoorde by die korrekte sin.
hoofwerkwoord
Sy stap skool toe.
onskeibare werkwoord
Ons het lekker gesels.
skeibare werkwoord
Sy het die deur toegemaak.
hulpwerkwoord
Julle moet die huiswerk doen.
infinitief
Jy behoort dit te weet.
Gee die meervoud vir: boek, vlieg, doring.
boeks, vliege, dorings
boeke, vlieë, dorings
boeks,vlieë, doringe
Gee die verkleining vir: pan, radio, boom.
pannetjie, radiotjie, bometjie
pantjie, radiotjie, boomie
pannetjie, radio'tjie, boompie
Pas die volgende soorte voornaamwoorde by die korrekte sin.
persoonlike
Ek sal my boek vir jou leen.
besitlike
Die boek is myne, maar die pen is syne.
aanwysende
Hierdie boek behoort aan die onderwyser.
onbepaalde
Niemand is tuis nie.
betreklike
Die vrou wat langsaan woon, het 'n nuwe motor gekoop.
Pas die volgende sinsoorte by die korrekte sin.
stelsin
Sy hou baie van sjokoladekoek.
bevelsin
Geniet jou dag!
vraagsin
Hoe laat begin die fliek?
uitroepsin
Ag nee!
Verander die sin na die verlede tyd: Die man plant 'n boom.
Die man geplant 'n boom.
Die man het 'n boom geplant.
Die man het geplant 'n boom.
Die man sal 'n boom plant.
Verander die sin na die toekomende tyd: Die onderwyseres vertel vir die kinders 'n interessante storie.
Die onderwyseres het vir die kinders 'n interessante storie vertel.
Die onderwyseres vir die kinders sal 'n interessante storie vertel.
Die onderwyseres sal vertel vir die kinders 'n interessante storie.
Die onderwyseres sal vir die kinders 'n interessante storie vertel.
